Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom bestel magdom skietgoed vir kragstasie
Eskom het onder meer 15 000 9 mm-patrone bestel. Foto: Pixabay

’n Tender vir onder meer 15 000 9 mm-patrone vir Eskom se Grootvlei-steenkoolkragstasie is volgens die nutsmaatskappy geensins ongewoon nie.

Maandag het Eskom ’n tender uitgeloof vir 15 000 9 mm-patrone en 3 000 12 boor-haelgeweerpatrone wat gebruik sal word as deel van die veiligheidsmaatreëls by die Grootvlei-kragstasie naby Balfour in Mpumalanga.

Dit is luidens Eskom deel van standaardpraktyke om nasionale sleutelpunte teen onder meer sabotasie te beskerm, en die bestelling word jaarliks geplaas.

Die patrone wat hy hiermee versoek, is bedoel vir opleiding van sy veiligheidspersoneel as deel van die Wet op Nasionale Sleutelpunte, sê die nutsmaatskappy.

Die Grootvlei-steenkoolkragstasie is een van meer as 200 nasionale sleutelpunte.

Sulke sleutelpunte is strategiese installasies wat volgens wetgewing spesiale sekerheidsmaatreëls vereis.

Die volle lys van die land se meer as 200 nasionale sleutelpunte is in 2015 bekend gemaak nadat die burgerregteorganisasie Right2Know, tesame met die Suid-Afrikaanse Geskiedkundige Argief, se veldtog vir dié inligting geslaag het.

Verskeie van Eskom se ander kragstasies is ook op die lys.

“Die prosedure vir nasionale sleutelpunte vereis dat veiligheidspersoneel jaarliks volgens regulasie 79 beoordeel word,” sê Eskom. “Die ammunisie word benodig vir skietopleiding en -assessering van alle veiligheidspersoneel op ’n jaargrondslag.”

Eskom sê die laaste tender vir ammunisie vir Grootvlei is in Julie 2018 gepubliseer.

Al dié ammunisie is intussen opgebruik.

“Dis nie die eerste keer dat Grootvlei ammunisie bestel soos aangedui nie, dis ’n jaarlikse gebeurtenis vir assesseringsdoeleindes.”

Fin24, verwerk

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.