Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom delf diep om beurtkrag af te weer

Eskom het Woensdagaand gesê dat hy “omvattend” gebruik moet maak van sy noodhulpbronne om beurtkrag te verhoed.

Die kragverskaffer het in ’n kennisgewing gesê die kragstelsel verkeer onder druk, maar daar is steeds ’n klein risiko van beurtkrag Donderdag.

“Ons oopsiklus-gasturbines, wat diesel gebruik om krag op te wek, word ingespan om die watervlakke van ons pompkragskemas aan te vul wat vandag (Woensdag) teen volle kapasiteit geloop het. Dit is om seker te maak dat daar voldoende kapasiteit is om in môre (Donderdag) se aanvraag na krag te voorsien.”

Onbeplande onderbrekings en opwekkingseenhede wat onklaar geraak het, het teen 19:00 13 850 megawatt beloop.

“Ons spanne werk onverpoos daaraan om dié eenhede weer in werking te stel en seker te maak dat daar genoeg opwekkingskapasiteit is.”

Meer oor:  Beurtkrag  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.