Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom: Dís hoekom daar vir 3de dag g’n beurtkrag is

Eskom het bevestig dat daar Dinsdag vir die derde dag in ’n ry geen beurtkrag verwag word nie danksy die gebruik van sy noodstelsels om sy opwekkingsvermoë aan te vul.

Steenkool word tans met die hand ingevoer by Medupi se ketels. Foto: Unsplash

Die kragreus het skuins voor middagete die vooruitsig vir Dinsdag gedeel. Volgens hom word daar vordering gemaak om kragsentrales wat onverwags gebreek het, reg te maak en weer aan die netwerk te verbind.

Intussen werk Eskom se dieselopwekkers en pompopgaarskemas hard om voortslepende tekorte in opwekkingskapasiteit aan te vul totdat die Medupi-mega-steenkoolkragsentrale weer behoorlik op dreef is.

Eskom verwag steeds dat die steenkool-vervoerband wat verlede week by Medupi gebreek het, teen Woensdag herstel sal wees. Dit sal Medupi in staat stel om weer ten volle krag op te wek.

Steenkool moet tans met die hand in die ketel ingevoer word, en dit halveer Medupi se opwekkingsvermoë.

Ander sentrales sukkel steeds, sê Eskom, maar dié kleiner opwekkers kry ook aandag.

Hy waarsku wel weens die twyfelagtige aard van die kragnetwerk se huidige toestand, kan beurtkrag wel op “kort kennisgewing” noodsaaklik word om ’n totale ineenstorting te vermy.

“Enige onverwagte verandering, hetsy ’n onbeplande onderbreking of fout, kan regstreeks lei tot beurtkrag wat op kort kennisgewing toegepas word,” sê Eskom.

  • Mense wat hul elektrisiteit regstreeks by Eskom kry, kan die beurtkragskedule op Eskom se webtuiste of meer inligting by 0860 037 566 kry.
  • Mense wat hul elektrisiteit by hul munisipaliteit kry, moet die betrokke munisipaliteit se webtuiste vir skedules besoek.
Meer oor:  Eskom  |  Beurtkrag  |  Staatsondernemings  |  Krag  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.