Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom gaan niks herstel as mense krag steel
Kragdiewe steel deesdae nie meer net kragkabels nie, maar sny ook die traliewerk wat elektriese spantorings ondersteun af om dit aan skrootmetaalhandelaars te verkoop. Foto: Argief

Eskom sal nie meer kragtoevoer na woongebiede herstel as die gemeenskap nie uitdruklik toelaat dat hy eers alle onwettige konneksies verwyder nie.

Die kragreus sê in ’n verklaring die hoofrede vir die voortdurende toename in krag wat uitskop, is weens kragdiefstal en vandalisme. Dit is landwyd ’n probleem, maar veral in Gauteng.

Volgens Eskom neem die hoeveelheid onwettige konneksies so vinnig toe dat sy substasies en transformators voortdurend oorlaai word.

Substasies word spesifiek gestel om ’n sekere hoeveelheid vraag na krag te kan verskaf. As die beraming met te veel uit is, dan skop die stelsel uit.

Waar Eskom gewoonlik tegnici uitstuur om kragtoevoer te herstel sodra ’n substasie of transformator uitskop, sal die nutsmaatskappy nou weier as gemeenskappe nie toelaat dat hy alle onwettige konneksies en ’n gekonkel met kragmeters kan oudit en verwyder nie. Gemeenskappe moet ook verseker dat Eskom-tegnici “veilig” hul werk kan voltooi.

Eers daarna sal die woongebied se kragtoevoer herstel word, maar slegs vir wettige en betalende gebruikers.

“Toenemende gevalle van toerusting wat breek, het ’n beduidende negatiewe uitwerking op ons bedrywighede, finansies en die veiligheid van ons werknemers, asook lede van die publiek,” sê Eskom.

Die nutsmaatskappy sê in probleemgebiede word sy tegnici nie eens toegelaat om oudits te doen nie.

Aangesien dit die kernprobleem met die uitskop van substasies is, sê Eskom enige herstelwerk sonder oudits is eintlik net ’n “mors van tyd”.

Hy verduidelik die krag sal net oor en oor uitskop totdat die werklike probleem uitgesorteer word.

Monde Bala, Eskom se hoof van verspreiding, het die lof besing van individue wat wel betaal vir wettige elektrisiteitsverbruik, en beloof dat Eskom voortdurend met munisipaliteite sal saamwerk om die probleem op te los.

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het Eskom se besluit as “ontstellend” beskryf, berig News24.

Dit straf almal vir die optrede van slegs ’n klein groep misdadigers.

Volgens Mashaba teiken Eskom nie net gebiede waar onwettige konneksies algemeen is nie, maar ook waar wanbetalers van wettige konneksies groot rekeninge opgebou het.

Hy sê nadat hy klagtes van veral Soweto ontvang het, voel hy Eskom se besluit is ’n skending van gemeenskappe se regte.

Soweto skuld Eskom sowat R17 miljard vir kragverbruik wat nog nooit betaal is nie, en is nou een van Eskom se nuwe strategie se hoofteikens.

Mashaba het aangedui dat hy nou met Eskom sal vergader, maar sal ook die Nasionale Energiereguleerder nader vir geskilbeslegting indien hy voel Eskom kan nie sy stappe regverdig nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.