Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom ‘gee bes’ met klein aanbod vir verhoging

Eskom het Maandag aangekondig dat hy sy werknemers wel nou ’n verhoging van meer as 0% aangebied het.

Eskom het sy werknemers ’n verhoging van 1,5%, net ’n tiende van wat vakbonde eis, aangebied. Foto: Getty Images

In ’n verklaring sê die nutsmaatskappy dat hy nou ’n salarisverhoging van 1,5% aangebied het.

Dit terwyl die vakbonde ’n verhoging van tot 15% eis.

Drie vakbonde wat sedert 5 Mei by die onderhandelinge betrokke is, is die NUM (wat die meeste Eskom-werkers verteenwoordig, sowat 14 000), Numsa en Solidariteit.

Die NUM en Numsa eis saam ’n verhoging van 15% en Solidariteit 9,5%.

Inflasie was in Maart 3,2%.

Eskom sê egter sy aanbod kom ook nie sonder voorwaardes nie.

Hy sal net 1,5% toestaan indien diensvoorwaardes hersien word. Dit sluit in wysigings aan vergoeding soos vir oordragvoordele, oortydbetalings en reistyd.

Volgens Sikonathi Mantshantsha, woordvoerder van Eskom, is die onderhandelinge nog aan die gang, en die vakbonde het nog nie aangedui of hulle die aanbod gaan aanvaar nie.

Die onderhandelinge sal egter tot 3 Junie duur.

Die NUM het voorheen aan Netwerk24 gesê indien Eskom nie ’n “respekvolle” aanbod maak nie, sal hy oorweeg om ’n dispuut by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) te verklaar.

Dis ’n voorvereiste vir ’n staking.

Meer oor:  Eskom  |  Loononderhandelinge  |  Staatsondernemings  |  Krag  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.