Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom: ‘Geen waarborg’ dat ligte aanbly

Sommige steenkoolkragstasies het nie Woensdag steenkool afgelewer gekry nie weens die intimidasie van werkers, het Thava Govender, hoof van kragopwekking by Eskom, Woensdag op ’n nuuskonferensie erken.

Steenkool is nie Woensdag by van Eskom se kragstasies afgelewer nie weens betogings. Foto: Matthew Henry

Eskom kan nie waarborg dat daar glad nie Woensdagaand of Donderdag kragonderbrekings sal wees weens die intimidasie en arbeidsonrus nie, het Govender gewaarsku. Dit kom terwyl die vakbonde Numsa en NUM dreig om te staak, selfs al word kragopwekking as ’n noodsaaklike diens beskou.

Govender kon nie sê presies hoeveel minder krag Woensdag gelewer is nie. Dit sal duideliker word namate na die spitstyd-vraag in die aand beweeg word.

Sommige opwekkingseenhede het afgeskop weens sabotasie, het Govender erken.

Lees ook: Eskom: 5 dinge wat jy oor staking moet weet

Daar was in ’n stadium 400 MW se kraglewering wat geraak is.

Intussen wou Phakamani Hadebe, uitvoerende hoof van Eskom, nie vrae antwoord of Eskom mense gaan aflê nie.

Dit is nie die getalle wat tel nie, maar produktiwiteit, het hy gesê op ’n mediakonferensie waar die arbeidsonrus tans by Eskom bespreek is.

Hadebe het teruggekrabbel oor Govender se opmerking dat Eskom nie kan waarborg dat daar geen kragonderbrekings kan wees nie, want hy sê as al die werkers saamwerk en gebeurlikheidsplanne inskop, sal daar nie kragonderbrekings wees nie.

Hadebe sê Eskom het nuwe kliënte gewerf wat 500 MW se ekstra elektrisiteit sal koop wat R2,5 miljard se ekstra inkomste vir Eskom sal inbring. Dit is as deel van die inisiatiewe wat Eskom aangepak het om sy geldsake om te draai.

Meer oor:  Num  |  Solidariteit  |  Eskom  |  Numsa  |  Phakamani Hadebe  |  Staking  |  Elektrisiteit  |  Steenkool  |  Vakbonde  |  Krag  |  Kragopwekking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.