Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom: Goeie nuus oor opwekking

Altesame tien opwekkingseenhede wat die afgelope ruk vir herstelwerk afgeskakel was, sal teen die einde van Dinsdag weer krag opwek.

Altesame tien opwekkingseenhede wat die afgelope ruk vir herstelwerk afgeskakel was, sal teen die einde van Dinsdag weer krag opwek. Foto: The Conversation

Ses daarvan is Maandag aangeskakel, nog een Dinsdag omstreeks 08:00 en die ander drie word hopelik deur die loop van die dag aangeskakel, het Robert Koch, Eskom se senior bestuurder van ondernemingsrisiko en -veerkragtigheid, Dinsdag in ’n onderhoud met Martin Bester op Jakaranda FM gesê.

Die nuwe opwekkingsvermoë verminder die risiko van beurtkrag, hoewel Eskom steeds maan dat die netwerk “stram” is.

Koch ,wat homself voorgestel het as die “argitek van beurtkrag”, en sy span is verantwoordelik om deur middel daarvan tot elke prys ’n landwye kragonderbreking te voorkom.

Eskom het Maandag skielik aangekondig dat sy kragnetwerk weer onder druk verkeer, minder as ’n week nadat Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, op ’n spesiale mediakonferensie gesê het dat Suid-Afrikaners op die meeste slegs fase 1-beurtkrag vir minder as 26 dae in totaal deur die loop van die winter kan verwag.

Eskom sê sy winterplan – waarin minimale beurtkrag voorsien word – gaan vereis dat Suid-Afrikaners die nutsmaatskappy bystaan en krag spaarsamig gebruik.

Die druk op die netwerk is deels weens die kouer weer wat verbruikers se behoefte aan onder meer verhitting skerp laat toeneem het. Koue deur die loop van die res van die week kan die vraag na krag laat styg en die voorraad minstens drie dae lank “uiters beperk” maak, het Eskom Maandag gewaarsku.

Die druk op die netwerk is deels weens die kouer weer wat verbruikers se behoefte aan onder meer verhitting skerp laat toeneem het.

Koch het egter verduidelik dit is in die winter makliker om beurtkrag te beperk en verbruikers hoef nie gespanne te raak nie.

“In die winter is die vermeerderde vraag na elektrisiteit op baie spesifieke tye, en hoofsaaklik vir drie ure in die aand,” sê Koch.

“Dit beteken dat ons eintlik net vir daardie drie ure moet beplan en reg wees, wat baie beter is as ’n algehele hoër vraag na krag wat op ander tye gebeur.”

Eskom het Suid-Afrikaners gevra om hul kragverbruik te verminder sodat altesame 500 MW – ruweg die ekwivalent van een steenkoolkrageenheid – bespaar kan word.

Koch sê hy vertrou dat die winterplan en die pad vorentoe goed sal verloop. “Ek voel geen druk om self ‘off the grid’ te gaan nie,” het hy gesê.

Buurlande se krag ook besnoei

Koch het Suid-Afrikaners verseker dat die land ook minder krag na buurlande uitvoer wanneer die netwerk onder druk verkeer.

“Wanneer Suid-Afrika beurtkrag ervaar, dan word uitvoer ook met dieselfde persentasie gesny,” het Koch gesê.

“Tydens fase 2-beurtkrag, byvoorbeeld, word sowat 10% van die totale vraag plaaslik gesny, dus word 10% ook dan van ons uitvoer na buurlande gesny – hulle kry nie ’n onregverdige voordeel nie.”


Meer oor:  Eskom  |  Kragopwekking  |  Kragvoorsiening  |  Beurtkrag  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.