Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom moes aanneem hy sou 6 000 laat loop

Vakbonde se oë het gerek oor Eskom se openbaring Maandag dat hy volgens die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) se voorskrif veronderstel was om 6 000 werknemers op een slag af te lê, en dié besparing in arbeidskoste moes ingesluit wees in sy tariefaansoek vir 2018-’19.

A metal sculpture stands outside the headquarters
Megawatt Park, Eskom se hoofkantoor in Johannesburg. Foto: Getty Images

Hasha Tlhotlhalemaje, hoofbestuurder vir regulering by Eskom, het op die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) se openbare sitting oor Eskom se terugwerkende tariefaansoek om ’n ekstra R27 miljard vir daardie boekjaar in te samel, gesê die kosteberaming vir werknemervoordele in sy oorspronklike tariefaansoek was gegrond op die aanname dat hy op een slag 6 000 werknemers sou aflê.

“Dit het nie gematerialiseer nie, ongeag of die aanname in die eerste plek enige meriete gehad het. Hoewel Eskom maatreëls ingestel het soos ’n embargo op eksterne aanstellings, het dit nie tot die besparings gelei wat vir die doel van sy inkomstevasstelling aangeneem is nie.”

Tlhotlhalemaje het Woensdag aan Netwerk24 verduidelik Eskom het nooit self beplan om in die 2018-'19-boekjaar 6 000 werknemers af te lê nie, maar Nersa het dit aan hom opgedwing om in die berekening van sy verlangde inkomste vir daardie boekjaar sy arbeidskoste te bereken asof hy wel 6 000 mense sou laat loop.

Vakbonde soos Numsa en NUM het al grootskaalse ontwrigting by Eskom belowe as die regering in sy herstrukturering van die kragmaatskappy sou besluit op enige personeelvermindering.

’n Wêreldbankverslag het egter al bevind Eskom het meer as 6 000 oortollige personeel as hy vergelyk word met soortgelyke kragmaatskappye elders in die wêreld.

Tlhotlhalemaje het ook Eskom se groter besteding aan sy dieselkragstasies verdedig. As Eskom sy dieselkragstasies minder sou gebruik in ’n poging om dieselkoste te spaar, sou beurtkrag langer moes duur en sou dit omvattender gewees het.

Die openbare sitting, waar Eskom se terugwerkende aansoek ingevolge Nersa se aansuiweringsrekening-meganisme bespreek word, het Dinsdag in Kaapstad afgesluit en verskuif Woensdag na Port Elizabeth.

Meer oor:  Eskom  |  Kragtariewe  |  Vakbonde  |  Tariefaansoek  |  Afleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.