Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom-hoof bedank

Phakamani Hadebe, uitvoerende hoof van Eskom, het sy bedanking ingedien.

Phakamani Hadebe, uitvoerende hoof van Eskom. Foto: Elvira Wood

Hadebe sal die kragvoorsiener einde Julie verlaat.

“Dit is geen geheim dat hierdie rol ondenkbare eise aan ’n mens stel nie en dit het ongelukkig ’n negatiewe invloed op my gesondheid. In die belang van Eskom en my gesin het ek daarom besluit om te bedank,” sê Hadebe in ’n verklaring wat Eskom Vrydagaand uitgereik het.

Hadebe spreek daarin sy dank uit vir die rol wat hy kon speel in die organisasie en teenoor die Eskom-direksie, die kragverskaffer se uitvoerende komitee en alle werknemers “vir hul veerkragtigheid en ondersteuning tydens hierdie reis”.

Hadebe was voorheen in senior bestuursposte in die private en openbare sektor, onder meer as uitvoerende hoof vir korporatiewe en beleggingsbankdienste by Barclays Africa.

Voor dit was hy die uitvoerende hoof van die Landbank, waar hy groot sukses behaal het om ’n omkeerplan in werking te stel. Hy het die grootste deel van sy loopbaan by die tesourie gewerk. 

Eskom het geen aankondiging gemaak oor ’n opvolger vir Hadebe nie.

Die kragvoorsiener het net meer as twee maande om hom te vervang. Hadebe se bedanking volg kort op die bedanking van Khulu Phasiwe, Eskom se nasionale woordvoerder.

Hy het in April die kragvoorsiener se diens verlaat. Phasiwe het met sy bedanking gesê in die vyf jaar wat hy die pos beklee het, was dit soos om in ’n oorlogsone te werk. Ook hy het gesê die werk het ’n negatiewe impak op sy gesondheid en persoonlike lewe gehad. 

Hadebe was net sowat 'n jaar in die pos nadat hy in Mei verlede jaar aangestel is, nadat Eskom in daardie stadium reeds vir 'n paar jaar onstabiliteit in leierskap gehad het. Hy het gevolg op waarnemende hoofde soos Sean Maritz en Matshela Koko, asook die omstrede Brian Molefe.

Hadebe moes die afgelope 12 maande 'n gewelddadige staking by Eskom hanteer waar stakers intimidasie en sabotasie gebruik het, maar ook 'n verval in instandhouding wat tot 'n nuwe vlaag beurtkrag gelei het.

Meer oor:  Phakamani Hadebe  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.