Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom-hoof kry toegang tot navorsing oor energie
Jan Oberholzer, hoofbedryfsbeampte van Eskom.Foto: Felix Dlangamandla

Jan Oberholzer, Eskom se bedryfshoof, is pas tot die direksie van die Amerikaanse Electric Power Research Institute (Epri) verkies.

Epri is ’n organisasie sonder winsbejag wat fokus op die ontwikkeling van nuwe tegnologie en navorsing rakende die opwekking, transmissie en gebruik van elektrisiteit.

As deel van Epri het Oberholzer nou toegang tot een van die mees gesogte navorsingseenhede oor energie ter wêreld.

“(Oberholzer se aanstelling) gee Eskom ook die geleentheid om Epri se strategiese rigting en werkprogramme te beïnvloed,” het die kragreus Saterdag in ’n verklaring gesê.

Die Amerikaanse lede van Epri verteenwoordig saam 90% van al die inkomste wat uit kragopwekking in die land gegenereer word.

Al is die meeste van Epri se bedrywighede in die VSA, het die organisasie vennote in meer as 35 lande en meer as 1 000 internasionale organisasies as lede.

Eskom se hantering van die huidige Suid-Afrikaanse kragkrisis sal ook g’n nuutjie vir Epri wees nie.

Die instituut is juis gestig nadat 30 miljoen mense in 1965 weens ’n wydverspreide kragonderbreking in die noordooste van Amerika in die donker gelaat is.

Hoewel die kragtoevoer grootliks ná 12 uur herstel is, was die kragonderbreking so ontwrigtend dat ’n ondersoekspan aangewys is om voortdurend navorsing te doen oor kragopwekking.

Phakamani Hadebe, Eskom-hoof, het Oberholzer se aanstelling geprys.

“Ons wens Oberholzer geluk met sy aanstelling in die direksie van Epri. Dit gee hom nou die geleentheid om verder die breër energiesektor te dien, bo en behalwe sy verantwoordelikhede teen Eskom en die Suid-Afrikaanse publiek.”

Meer oor:  Eskom  |  Jan Oberholzer  |  Kragopwekking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.