Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom kan nie nasionale kragtoevoer waarborg

Die nasionale kragtoevoer is stabiel ten spyte van stakende werkers, maar Eskom kan nie waarborg dat dit so gaan bly nie.

Phakamani Hadebi, uitvoerende hoof van Eskom. Foto: Christiaan du Plessis

Vakbonde het verlede week aangedui hulle gaan staak oor die Eskom-bestuur se besluit om vanjaar geen verhoging of bonus te betaal nie.

Phakami Hadebe, uitvoerende hoof van Eskom, het Woensdag gesê die metaalwerkersvakbond Numsa het ook ’n loondispuut met Eskom verklaar. Die vakbonde Solidariteit en NUM het vroeër al ’n loondispuut na die Kommissie vir Bemiddeling, Versoening en Arbitrasie (KBVA) verwys.

Thava Govender, hoof van kragopwekking by Eskom, het Woensdag op ’n nuuskonferensie in Sunninghill, Johannesburg, gesê stakers probeer reeds sedert Dinsdagaand om werkers by kragstasies te verhoed om werk toe te gaan.

Werkers wat in busse na die kragstasies vervoer is, is geïntimideer en gedwing om ook aan die staking deel te neem, sê Govender.

Dit het onder meer by die Hendrina-, Kriel-, Camdon-, Grootvlei-kragstasie gebeur.

“Ons kan nie waarborg dat die kragtoevoer nie bedreig word nie,” sê Govender.

Al Eskom se kragstasies kon Woensdag nie weens die staking soveel krag soos gewoonlik lewer nie. Party kragstasies kon ook nie steenkool ontvang nie omdat stakers die ingange versper het.

Hadebe sê die nasionale kragverskaffer het ’n reeks noodreaksie-beheersentrums saam met Eskom-personeel begin vir gevalle waar onwettige stakings kan voorkom. Die polisie is ook ingeroep om orde by sommige van die kragstasies te herstel.

Volgens Hadebe sal Eskom indien nodig ’n interdik teen die stakers bekom. Werknemers van Eskom mag volgens wet nie staak nie.

Die vakbonde dring aan op ’n 15%-verhoging wat beteken dat Eskom vanjaar R1,5 miljard ekstra sal moet opdok.

Eskom is reeds ’n geruimte tyd in finansiële moeilikheid en die bestuur moes “radikale stappe” doen om koste te bespaar.

Die vakbonde dring aan op ’n 15%-verhoging wat beteken dat Eskom vanjaar R1,5 miljard ekstra sal moet opdok. Hadebe sê Eskom is bereid om met vakbonde te onderhandel.

Op die vraag of Hadebe opdrag gekry het om Eskom se personeel met 15 000 te verminder, het hy gesê dat hy later daaroor sal praat.

Hy sê Eskom se hoeveelheid gebruikers regverdig nie noodwendig die hoeveelheid werkers nie.

Meer oor:  Eskom  |  Thava Govender  |  Phakami Hadebe  |  Kragstasie  |  Kragtoevoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.