Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom kan nie sê wanneer jy beurtkrag gaan hê
The candle with flame in dark background
Beurtkrag geld heel naweek.

Terwyl fase 2-beurkrag heel naweek geld, kan Suid-Afrikaners nie eens Eskom se webwerf besoek om te bepaal wanneer die ligte afgaan nie.

Die nutsmaatskappy het Saterdagmiddag op Twitter erken sy webwerf lol en dat ’n mens nie die jongste beurtkragskedules daar kan sien nie.

Eskom publiseer die beurtkragskedules vir kliënte wat elektrisiteit regstreeks by hom koop op sy webwerf. Groot munisipaliteite het elkeen hul eie webwerf waarop inwoners kan kyk wanneer die krag afgaan.

Saterdagmiddag laat wou Eskom se beurtkrag-blad steeds nie reg werk nie. Hoewel die blad ná ’n lang gewag oopmaak, kan geen soektog gedoen word nie.

Eskom het Vrydag reeds aangekondig beurtkrag gaan die hele naweek geld weens ’n gebrek aan opwekkingsvermoë asook noodsaaklike instandhoudingswerk wat gedoen moet word.

11 027 MW se opwekkingsvermoë was Saterdagoggend verlore en Eskom het sy noodreserwes, insluitend diesel vir sy dieselkragopwekkers, uitgeput.

Die kragverskaffer wil die naweek gebruik om sy reserwes weer aan te vul. Dit sluit ook die watervlakke by sy pompopgaarskemas in.

Dit word glo gedoen om beurtkrag in die komende werkweek te vermy.

Eskom sê sy span gee tans aandag aan die webwerf wat lol. Tog is daar nog geen aanduiding wanneer dit weer behoorlik sal werk nie.

Die gewilde app Eskom se Push het Saterdag ook gespook om die jongste skedules by te werk. Die regte tye is nou wel in dié app beskikbaar.

Beurtkrag gaan sover tot Maandagoggend 06:00 geld.

Meer oor:  Eskom  |  Kragvoorsiening  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.