Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom: Kragnetwerk onder druk, noodstelsels ontplooi

Eskom sê die nasionale kragnetwerk is Dinsdag onder druk, maar hy het sy noodstelsel in werking gestel om die risiko van beurtkrag te verminder.

beurtkrag
Eskom se Lethabo-kragstasie in die Vrystaat. Foto: William Horne

Sy taktiese opwekkingsbevelsentrum is Dinsdagoggend geaktiveer weens die tekort aan opwekkingsvermoë om aan Dinsdag se vraag te voldoen.

Dié bevelsentrum bestuur die risiko’s op die stelsel.

Dikatso Mothae, adjunkwoordvoerder van Eskom, het aan Netwerk24 gesê Eskom se vinnige optrede beteken dit is nie nodig om ’n waarskuwing oor moontlike beurtkrag te rig nie.

Eskom waarsku gewoonlik vooruit dat beurtkrag ’n moontlikheid op ’n spesifieke dag is om sodoende die vraag na krag te help verlaag.

Kans op beurtkrag skraal

Eskom sê Medupi se eenheid twee en Kusile se eenheid drie lewer Dinsdag albei krag aan die nasionale netwerk as voorsorgmaatreël, hoewel hulle nog nie amptelik kommersieel in gebruik geneem is nie.

Medupi se eenheid twee is reeds op 12 November 2018 suksesvol getoets met sy volle opwekkingsvermoë van 796 MW.

Eenheid drie by Medupi is amptelik op 28 Junie aan die kragnetwerk gekoppel. Dit beteken vier van Medupi se ses eenhede is dus nou kommersieel aktief (en verskaf saam 7% van Suid-Afrika se krag), maar eenheid twee en eenheid een is nog nie amptelik in werking nie.

Eskom sê wel sy veiligheidsmarge is Dinsdag nog groot genoeg. Sy dieselopwekkers in die Kaap en Mosselbaai is nog nie ingespan om kragopwekking aan te vul nie. Dié opwekkers het die vermoë om tot 3 000 MW te lewer.

Fase 1-beurtkrag (die maksimum vlak beurtkrag wat Eskom en Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, gesê het dié winter ervaar kan word) vereis dat 1 000 MW se vraag uit die stelsel gehaal moet word.

Eskom het ook Dinsdag bevestig dat steenkoolkragsentrales wat van lyn af was, Dinsdag weer krag sal begin lewer.

Meer oor:  Eskom  |  Medupi  |  Kusile  |  Nasionale Kragkrisis  |  Kragonderbrekings  |  Beurtkrag  |  Staatsondernemings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.