Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom kry Dinsdag nóg ’n enorme reddingsboei
Die Koeberg-kernkragsentrale in Kaapstad. Foto: Mark Wessels

Eskom gaan as deel van ’n spesiale toedelingswetsontwerp ’n addisionele R59 miljard oor die volgende twee jaar by die regering ontvang.

Dit is die syfer wat Reuters Maandag bevestig het wat as deel van die spesiale toedelingswetsontwerp Dinsdag by die parlement ingedien gaan word.

Die R59 miljard sal wees benewens die R23 miljard wat vir 2019 in die nasionale begroting toegeken is en het ten doel om die beleërde kragreus met sy enorme skuldlas te help.

Uit die R23 miljard van sy aanvanklike toedeling het Eskom reeds in April R17,65 miljard midde-in ’n beurtkragkrisis ontvang.

Om dié betaling te kon doen, moes Tito Mboweni, minister van finansies, art. 16 van die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies (PFMA) benut. Dié wet handel onder meer oor die toewysing van geld in noodsituasies.

Die nuwe reeks befondsing sal voorsiening maak vir die R59 miljard om verdeel te word in twee dele: R26 miljard vanjaar, en R33 miljard in 2020.

Dit sal beteken dat Eskom nou in 2019 oorgehaal sit om altesame R49 miljard vanaf die regering te ontvang (R23 miljard plus R26 miljard).

In 2020 sal daar dan dus minstens nóg R33 miljard uitbetaal word, met ’n aparte, lopende reddingsboei van R184 miljard beskikbaar vir die volgende agt jaar daarna.

Die nuwe ronde noodfinansiering sal regstreeks vanuit die regering se nasionale inkomstefonds kom.

Volgens Ashor Sarupen, DA-LP, is daar kommer dat die wysigings wat gedoen is aan die toedelingswetsontwerp nie oop was vir debat deur die parlement self, soos bestaande wetgewing vereis nie.

Sarupen het Sondag in ’n verklaring gesê dat die toedelingskomitee op 19 Junie gestem het dat geen debat oor die jongste wysigings toegelaat sou word nie.

“Die komitee probeer doelbewus om die wet te systap; die wetgewing kry doodeenvoudig ’n rubberstempel sonder voldoende openbare deelname,” sê Sarupen.

“Versuim om die wysigings aan die toedelingswetsontwerp te oorweeg, is ongrondwetlik en behels die misbruik van die parlement self.”

Die DA eis nou dat die Nasionale Vergadering Dinsdag toegelaat word om openlik oor die nuwe wetsontwerp te debatteer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.