Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom kry miljarde in lenings
Eskom het nog befondsing bekom.

Eskom het ’n lening van R2,886 miljard tesame met ’n dollar-gebaseerde lening van $25 miljoen (sowat R346 miljoen) van die Afrika-ontwikkelingsbank gekry.

Eskom en die bank het Dinsdag die leningsooreenkoms onderteken en gesê die geld gaan gebruik word om transmissielyne in Suider-Afrika te verbeter.

Eskom lewer sowat ’n driekwart van die totale kragopwekkingsvermoë in die Suider-Afrikaanse kragpoel en lewer krag aan minstens ses ander lande in die streek.

Die Suider-Afrikaanse kragpoel is ’n struktuur waardeur buurlande in Suider-Afrika elektrisiteit oor en weer by mekaar kan koop. Hul kragnetwerke is dus gekoppel oor landsgrense heen.

Die jongste lening gaan egter luidens ’n verklaring van Eskom gebruik word om spesifiek 552 km se nuwe kraglyne en die gepaardgaande substasies in Mpumalanga en KwaZulu-Natal te bou, asook om die bestaande substasies in Mpumalanga op te knap. Dit sal bydra tot beter kragverspreiding, en veral help om die toenemende hoeveelhede hernubare energie op die kragnetwerk te versprei.

Dit sal ook tot betroubaarheid en minder transmissieverliese bydra, streekintegrasie verbeter en tot die veiligheid van instandhoudingspersoneel bydra.

Meer oor:  Eskom  |  Lening  |  Kragvoorsiening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.