Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom kry net R32 mjd. van sy beoogde R66 mjd.

Eskom kry net R32,69 miljard ekstra uit sy terugwerkende aansoeke wat hy by die nasionale energiereguleerder (Nersa) ingedien het.

Nersa het Donderdag bekend gemaak hy gee Eskom die reg om net R32 miljard te verhaal pleks van die R66 miljard wat hy wou verhaal vir die boekjare 2014-’15, 2015-’16 en 2016-’17.

Chris Yelland, uitgewer van EE Publishers en kommentator oor energiesake, sê hy verneem Eskom het in die laaste jare in werklikheid meer geld van onafhanklike kragprodusente en groenkragprodusente ingekry as wat hy beweer.

Jacob Modise, voorsitter van Nersa, bevestig Eskom het erken hy het meer geld vir groenkragaankope in sy tariewe begroot as wat hy wel bestee het. Op grond daarvan het Nersa besluit om nie die volle R66 miljard toe te staan nie.

Eskom het vir die bykomende inkomste van R66 miljard aansoek gedoen ingevolge ’n meganisme by Nersa waardeur hy vir aanpassings in tariewe kan aansoek doen wanneer die spesifieke boekjare se tariewe bereken is op grond van aannames oor markfaktore wat intussen verander het. Dit sluit faktore soos die groei of daling in kragverkope en die prys van steenkool in.

Modise ontken dat Nersa gesloer het met die verwerking van Eskom se terugwerkende aansoeke van die afgelope paar jaar.

Nomfundo Maseti, reguleerder van Nersa, het Donderdag gesê Nersa sal nou eers ’n plan opstel hoe die bedrag van kragverbruikers verhaal sal word. Nersa sal in September die plan bekend maak.

Eskom het tydens die openbare sittings oor sy aansoek aangevoer hy is bereid om die bedrag oor ’n tydperk van vyf jaar te versprei om die uitwerking te versag.

Nersa se besluit kan beskou word as ’n terugslag vir Eskom, want Nersa het reeds einde verlede jaar besluit Eskom kan nie vir die lopende boekjaar die verhoging in kragtariewe van 19,9% kry waarvoor hy aansoek gedoen het nie. Nersa het hom uiteindelik ’n tariefverhoging van 5,23% toegestaan.

Nersa het agtergekom Eskom het in die drie jare bedrae begroot vir die besteding aan die aankoop van elektrisiteit van onafhanklike kragprodusente wat hy nie bestee het nie.

Dit is deels die rede waarom hy nie die volle bedrag aan Eskom toegestaan het nie. Nersa sê hulle het ook gekyk na doeltreffendheidstandaarde en verstandige bestuur.

Meer oor:  Nersa  |  Eskom  |  Jacob Modise  |  Chris Yelland  |  Energie  |  Kragtariewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.