Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom kry waarnemende voorsitter
Prof. Malegapuru William Makgoba

Prof. William Makgoba is Woensdagaangewys as die waarnemende voorsitter van Eskom nadat Jabu Mabuza verlede week onverwags bedank het.

Luidens ’n verklaring deur die departement van openbare werke is Makgoba aangestel “in ooreenstemming met die regering se verbintenis tot goeie regering en die stabiliteit van die maatskappy”.

“Prof. Makgoba is ’n voorste wetenskaplike en akademikus wat in 2018 as nie-uitvoerende direkteur by die Eskom-raad aangesluit het.”

Malegapuru William Makgoba is ’n kenner van openbare gesondheid en was voorheen die visekanselier van die Universiteit van KwaZulu-Natal.

Hy was ook die voorsitter van die kommissie wat die Life Esidimeni-tragedie ondersoek het.

Luidens die verklaring word daar tans hard gewerk aan die herstrukturering van die kragvoorsiener se raad, soos wat pres. Cyril Ramaphosa Vrydag aangekondig het toe Mabuza se bedanking bekend gemaak is.

Die nuwe raad sal mense met ’n mengsel van ervaring van die elektrisiteitsbedryf, ingenieurswese en korporatiewe bestuurs­ervaring bevat.

In sy bedankingsbrief het Mabuza verskoning gevra vir Eskom se onvermoë om die onderneming na te kom wat hy aan die president, die adjunkpresident en betrokke ministers gegee het op ’n vergadering op 11 Desember dat beurtkrag oor die feestyd vermy sou word.

Ramaphosa het Mabuza bedank vir sy diens en het hom geprys dat hy aanspreeklikheid aanvaar vir gebeure onder sy leiding.

Meer oor:  William Makgoba  |  Jabu Mabuza  |  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.