Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom kyk na soekoek om R1 mjd. in te samel
Eskom oorweeg ’n soekoek om sowat R1 miljard in te samel. Foto: Elvira Wood

Eskom kan uiteindelik binnekort geld verdien uit die Golf-streek en Maleisië deur ’n soekoek, ’n Islamitiese effek, uit te reik.

Dié plan volg agt jaar nadat die kragreus oorspronklik gesê het hy stel daarin belang om op dié manier kapitaal te lok.

Eskom het aan Business Insider SA gesê dat die teikenuitgifte R1 miljard sal wees.

Uit tenderdokumente vir die projek word aangedui dat die maatskappy ’n soekoek, wat op die JSE genoteer is en rand as geldeenheid het, beoog. Dit sal deur die staat gewaarborg word.

Eskom verduidelik aan potensiële verskaffers wat hom sal help om ’n soekoek te skep dat hy tot 2025 “finansieringsbronne sal diversifiseer en kostedoeltreffende finansiering met aanvaarbare risiko’s realiseer”.

Die maatskappy was nie bereid om ’n moontlike datum van uitreiking bekend te maak nie en sê slegs dit “sal werk om tydlyne vir moontlike uitreiking te bepaal”.

Wat is ’n soekoek?

’n Soekoek is ’n Islamitiese finansiële sertifikaat, soortgelyk aan effekte in Westerse finansies, wat aan die Islamitiese godsdienstige wet voldoen wat algemeen as die sjariawet bekend staan.

Aangesien die tradisionele Westerse rentebetalende effekte nie toelaatbaar is nie, verkoop die uitreiker van ’n soekoek ’n sertifikaat aan ’n beleggersgroep. Die opbrengs word dan gebruik om ’n bate te koop, waarvan die beleggersgroep ’n gedeelte besit.

Terwyl effekte suiwer skuldinstrumente is, is ’n soekoek gerugsteun, verhandelbaar en bied dit ’n stabiele of veranderlike inkomste, afhangende van die struktuur. Soos met effekte, kom dit met ’n ballonbetaling op die vervaldatum, maar dit is gegrond op die markprys van die onderliggende bate, nie die bedrag wat oorspronklik belê is nie.

– Business Insider SA


Meer oor:  Eskom  |  Kragopwekking  |  Soetkoek  |  Kragvoorsiening  |  Elektrisiteit  |  Energie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.