Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom kyk weer na klagtes oor Oberholzer
Jan Oberholzer, bedryfshoof van EskomFoto: Elvira Wood

’n Onafhanklike ondersoek gaan gedoen word na die beweerde betrokkenheid van Jan Oberholzer, bedryfshoof van Eskom, by twyfelagtige kontrakte wat die kragverskaffer met twee verskaffers gesluit het.

Eskom het Donderdag in ’n verklaring gesê hoewel hy reeds voorheen ’n ondersoek na van dié bewerings gedoen het, gaan hy met ’n nuwe ondersoek begin nadat meer inligting bekend geword het

Eskom sê sy vorige ondersoeke het geen ongerymdhede gevind nie.

Sunday Independent het Sondag berig daar hang vrae oor Oberholzer se betrokkenheid by kontrakte ter waarde van R139 miljard wat aan Stefanutti Stocks en R100 miljoen wat in 2006 aan Black & Veatch toegeken is.

Volgens Sunday Independent het Eskom sedertdien die kontrak met Black & Veatch aangepas, en het hy reeds sowat R14 miljard aan dié maatskappy betaal.

Oberholzer was voorheen die besturende direkteur van Stefanutti en besit ook aandele in dié maatskappy.

Corruption Watch en Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris van die Suid-Afrikaanse Vakbondfederasie (Saftu), beskuldig Oberholzer ook daarvan dat hy vir Mark Chettiar, ’n hoofbestuurder van Eskom, viktimiseer.

Chettiar beweer Oberholzer het druk op Eskom-amptenare geplaas om R40 miljoen aan ’n diensteverskaffer te betaal, selfs nadat die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping aanbeveel het dat die kontrakteur nie betaal word nie en dat opgetree moet word teen alle amptenare wat betalings aan hom vergemaklik het.

Chettiar is op 22 Januarie in ’n e-pos ingelig dat ’n klagte teen hom aanhangig gemaak is.

Volgens Saftu en Corruption Watch wys dié klagte, wat deur Oberholzer onderteken is, dat Chettiar geviktimiseer word.

Corruption Watch sê dit is duidelik Eskom het nie die vermoë om korrupsie behoorlik vas te vat nie.

Eskom sê in sy verklaring hy wil dit onomwonde stel dat die uitvoerende bestuur en direksie gekant is teen korrupsie, viktimisering en die misbruik van mag.

“Fluitjieblasers vervul ’n kernrol in die stryd teen al hierdie buitensporighede, en Eskom streef daarna om hulle te alle tye behoorlik te beskerm en aan te moedig.

“Ons dring aan op deursigtigheid, goeie korporatiewe beheer, goeie etiek en om ’n billike werkgewer te wees,” lui die verklaring.

Oor die onafhanklike ondersoek sê Eskom dat hy hoop dat wanneer dit afgehandel is, “ ’n billike en blywende oplossing vir die betrokke partye” gevind sal word.

Meer oor:  Eskom  |  Jan Oberholzer  |  Korrupsie  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.