Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom luister na afgetrede ingenieur ná ope brief

Eskom is bereid om te luister na advies, en vergader Donderdag met Alex Ham, ’n afgetrede hoofingenieur vir kragstasie-ontwerp.

Die generator van Medupi se Eenheid-6. Beide Medupi en Kusile steenkoolkragstasies se stoomketel ontwerp word as onvoldoende gesien. Foto: Jan de Lange

Ham het verlede week ’n ope brief aan Eskom geskryf waarin hy aanvoer Eskom maal die steenkool by sy Kusile- en Medupi-kragstasie nie fyn genoeg nie, en dit is volgens hom waarskynlik die oorsaak van swak kragopwekking.

Eskom het bevestig hy het reeds op 13 Mei met Ham geskakel en het Donderdag ’n tegniese vergadering met hom om dieper te delf in die punte wat hy in die ope brief maak.

Ham was die uitvoerende direkteur vir tegnologie by Eskom voordat hy in 1994 afgetree het. Hy het volgens Eskom in Mei 1988 ’n artikel - Die kenmerke van Suid-Afrikaanse steenkool - geskryf wat die Suid-Afrikaanse Instituut vir Mynbou gepubliseer het. Volgens Eskom grond Ham sy voorstelle in die ope brief op onder meer dié artikel.

Ham voer aan Suid-Afrikaanse steenkool brand stadiger as die steenkool wat tipies in gebiede soos Europa of Japan in steenkoolkragstasies gebruik word, maar hy meen die ontwerpers van die stoomketels vir Kusile en Medupi, Eskom se nuwe kragstasies wat in aanbou is by onderskeidelik Witbank en Lephalale (die ou Ellisras), het dit nie in ag geneem nie.

Volgens Ham gebruik Eskom die verkeerde vergruisingsmeule by die kragstasies, wat die steenkool nie fyn genoeg maal nie, en daarom is die verbrandingskoers nie optimaal nie. Gevolglik kan die opwekkingseenhede nie doeltreffend werk nie.

Eskom het by navraag gesê Ham se voorstelle om buismeule te gebruik pleks van vertikale meule moet nog evalueer word om vas te stel of dit lewensvatbaar is om in hierdie stadium in werking te stel.

Volgens Ham blyk dit Mitsubishi Hitachi, die kontrakteur wat die stoomketels aan Eskom vir Kusile en Medupi verskaf het, het die vertikale meule pleks van die horisontale buismeule voorgestel omdat dit kwansuis goedkoper sou wees.

Dit is egter welbekend dat die koste van dié kragstasies buitensporig gestyg het. Ted Blom, konsultant vir Mining & Energy Advisors, het vandeesweek by die Africa Utility Week gesê Medupi sou in 2008 R33 miljard gekos het. Maar tans staan die koste al by R170 miljard en is die kragstasie steeds nie klaar nie.

Meer oor:  Eskom  |  Alex Ham  |  Stoomketels  |  Medupi  |  Kusile  |  Nasionale Kragkrisis  |  Kragonderbrekings  |  Beurtkrag  |  Staatsondernemings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.