Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom ly reuse-verlies van R20,5 mjd.

Eskom het ’n verlies van R20,5 miljard gely in die boekjaar tot einde Maart - net effens beter as die rekordverlies van R21 miljard in die vorige boekjaar.

An electricity pylon stands beyond an Eskom sign a
Eskom verwag sy steenkoolkoste sal in die lopende boekjaar met net 0,3% styg danksy kontrakte wat hersien is. Foto: Getty Images

André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, het Vrydag gesê dit is teleurstellende resultate.

Kragverkope was 1,29% laer as in die vorige boekjaar.

Hoewel besparings van R16,3 miljard behaal is, is dit grootliks opgesuig deur dieselverbruik wat meer was as waarvoor begroot is. Eskom het wel ’n bedryfswins van R9,2 miljard behaal, maar met sy onvolhoubare skuldlas het dit tot ’n netto finansieringskoste van R31,3 miljard gelei, wat uitloop op die netto verlies van R20,5 miljard.

Eskom verwag sy steenkoolkoste sal in die lopende boekjaar met net 0,3% styg danksy kontrakte wat hersien is.

Eskom moes in die jaar R7,5 miljard aan diesel bestee om beurtkrag te beperk, en dié koste sal in die lopende boekjaar met tot 30% verminder.

De Ruyter sê meer as 14% van Eskom se kragopwekkingsvermoë is tans uit diens vir beplande instandhouding.

Volgens hom vorder Eskom met sy verdeling in drie afsonderlike entiteite. Die transmissie-afdeling sal teen Desember volgende jaar ’n afsonderlike filiaal wees.

Eskom se aggressiewer benadering om skuld van munisipaliteite in te vorder, het begin om vrugte af te werp. Die terugbetalingskoers van die 20 munisipaliteite wat Eskom die meeste skuld, het in die boekjaar van 42% in Maart tot 49% in September verbeter.

De Ruyter waarsku die Covid-19-pandemie en inperking het ’n groot impak op Eskom se bedrywighede. Eskom se kragvraag het gemiddeld met 5 680 MW gedaal in vlak 5 van die inperking. Die kragvraag het sedertdien grootliks tot vlakke voor die inperking herstel, volgens De Ruyter.

Tot 27 van Eskom-werknemers en 3 kontrakteurs het tot dusver aan die pandemie beswyk. Eskom moes van sy instandhoudingswerk uitstel weens die inperking, wat die beweging van mense beperk het.

Hy het toegegee Eskom se energiebeskikbaarheidsfaktor is laag op 66,6%, en onbeplande instandhouding het bygedra tot 46 dae van beurtkrag in die boekjaar. Op 9 Desember verlede jaar was dit ’n laagtepunt vir Eskom toe hy fase 6-beurtkrag moes instel.

Meer oor:  Eskom  |  Kragopwekking  |  Resultate  |  Kragvoorsiening  |  Elektrisiteit  |  Energie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.