Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom: Moenie alle twak glo

Eskom waarsku dat Suid-Afrikaners nie alles op sosiale media moet glo wat oor die huidige kragkrisis geskryf word nie.

Hy sê Woensdag in ’n verklaring hy is bewus van verskeie vals profiele op sosiale media wat dit laat lyk asof dit hy self is wat sê Suid-Afrika gaan binnekort sonder krag sit.

Die kragreus sê hy is reeds besig om werk daarvan te maak om die eienaars van sosialemedianetwerke te kry om dié rekeninge te sluit.

Hy moedig mense aan om slegs na sy amptelike rekeninge te kyk wanneer hulle die jongste nuus oor beurtkrag wil hê.

Die rekeninge is:

Twitter: @Eskom_SA

Facebook: Eskom Hld SOC Ltd

LinkedIn: Eskom Holdings SOC Ltd

Eskom se webtuiste waar hy skedules vir beurtkrag publiseer, is http://loadshedding.eskom.co.za/.

Meer oor:  Eskom  |  Beurtkrag  |  Sosiale Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.