Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom moet Nedbank R900 m. se rente betaal
Die Hendrina-steenkoolkragstasie in Mpumalanga is Suid-Afrika se oudste werkende steenkoolkragstasie. Hy het 10 eenhede wat elkeen 200 megawatt opwek. Foto: Eskom

Eskom moet voor einde Julie meer as R900 miljoen se rente aan Nedbank Korporatiewe en Beleggingsbank terugbetaal, het die staatskragmaatskappy Woensdagaand laat weet.

Eskom het op die JSE se Sens-nuusdiens aangekondig hy moet rente betaal op sy ES23-effek en dit dek die renteperiode van 25 Januarie tot 24 Julie.

Die bedrag van meer as R911,58 miljoen moet teen 25 Julie betaal word.

Eskom se groeptesourier, Andre Pillay, het vroeër vandeesmaand bedank. Eskom se skuld bedra meer as R440 miljard.

Pres. Cyril Ramaphosa het onlangs aangekondig Eskom sal oor die volgende drie jaar ’n kontantinspuiting van R69 miljard kry.

Bloomberg het in Junie berig Eskom genereer nie genoeg kontant om die rente op sy skuld te betaal nie. Beleggers in sy dollar-effekte wat teen 2028 verstryk verdien egter ’n opbrengs van 22,3%, wat byna drie keer soveel is as die gemiddelde van ontwikkelende lande se effekte, volgens Bloomberg Barclays se indekse.

Die staat waarborg byna driekwart van Eskom se skuldeffekte. - Fin24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.