Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom: ‘Ons beplan geen beurtkrag’

Eskom het geen plan om die land se ligte in September óf Oktober af te skakel nie.

Die kragreus het Donderdag heftig die gerugte ontken dat hy beplan om weer beurtkrag in te stel.

Dit volg nadat die DA glo “betroubare inligting” gekry het dat munisipaliteite gewaarsku is oor die groot moontlikheid van kragonderbrekings in dié maande.

LEES OOK: DA wil binne 24 uur weet of Eskom beurtkrag beplan

Eskom sê hy beplan geen beurtkrag vir September en Oktober nie. Foto: Unsplash

“Ons het met geen belanghebbende gekommunikeer dat daar beurtkrag gaan wees nie,” is Eskom se reaksie op die DA se bewerings.

Die kragreus sê hy het sy somerplanne op 4 September bekend gemaak.

Hy het toe gewaarsku hoewel hy geen beurtkrag beplan nie, gaan die stelsel onder druk bly.

Eskom sê Jabu Mabuza, voorsitter en waarnemende uitvoerende hoof van Eskom, is meer as bereid om besonderhede oor die kragreus se planne met Natasha Mazzone, DA-LP, te bespreek.

Eskom doen steeds ’n beroep op Suid-Afrikaners om krag met oorleg te gebruik.

“Ons sal kliënte inlig as daar enige veranderinge aan die stelsel is.”

Meer oor:  Eskom  |  Natasha Mazzone  |  Krag  |  Elektrisiteit  |  Beurtkrag  |  Staatsondernemings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.