Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom ontken Tegeta-gerugte

“Eskom betwis dit dat hy steenkool ontvang het wat meer as R134 miljoen werd is van Tegeta Exploration and Resources wat hy nie kan gebruik nie, en ons het dokumentasie daaroor aan die nasionale tesourie verskaf,” is in ’n verklaring gesê.

Die Sunday Times het Sondag oor die bevindinge van ’n ondersoek deur die tesourie oor die steenkoolkontrak berig.

Eskom se Kendal-kragstasie. Foto: Bloomberg

Die kontrak behels dat Tegeta vir 10 jaar lank steenkool aan Eskom moet lewer. Die waarde van die kontrak is R400 miljoen.

Die hoofaandeelhouers van Tegeta is maatskappye wat aan die Guptas en Duduzane Zuma, ’n seun van pres. Jacob Zuma, behoort.

Die koerant berig dat tesourie wou gehad het Brian Molefe, uitvoerende hoof van Eskom, moet verskeie vrae oor die ooreenkoms met Tegeta beantwoord. Dit het ingesluit dat ’n ooreenkoms oorweeg is toe die maatskappy nie ’n waterlisensie gehad het nie.

Molefe het nie kommentaar aan die koerant verskaf nie, maar regeringsbronne is aangehaal.

Daarna het Eskom Sondag ’n verklaring uitgereik waarin aangedui is die departement van water het in Desember 2014 ’n waterlisensie aan Tegeta gegee.

Eskom meen Sunday Times se beweringe is onwaar en bedoel om te mislei.

Eskom sê dat hy voortgaan om met die tesourie saam te werk oor die ondersoek na die steenkoolkontrakte.

“Dit is nie waar wat Sunday Times berig dat nasionale tesourie enige finale bevindinge teen Eskom oor enige van die kontrakte gemaak het nie,” luidens die verklaring.

Eskom het aangedui dat die nuutste korrespondensie wat van die tesourie gekry is op 17 Augustus was waarin ondersteuning gegee is vir die verlenging van die steenkoolkontrak met die Komati-kragstasie.

“Toe die verlenging van die kontrak goedgekeur is, het die nasionale tesourie gesê die rede is ’n voortgesette voorraad steenkool aan Komati asook om die voorraad van Koornfontein te benut om aan die steenkool aan te vul vir die kragstasie.”

Die Koornfontein-myn word deur Tegeta Resources & Exploration besit.

fin24 het Donderdag berig Tegeta het die tesourie gedreig oor ’n verslag oor die steenkoolkontrakte met Eskom.

Die dreigement het plaasgevind toe die DA se Parlementslid David Maynier ’n versoek ingevolge die bevordering van die wet op toegang tot inligting aan tesourie gerig het om die dokument uit te reik.

Tegeta het die aansoek teengestaan en die tesourie het Maynier daarvan in kennis gestel.

Die DA het daarna nog ’n aansoek ingevolge die wet gebring om die redes te kry vir die aansoek wat afgewys is.

Daarop het die tesourie die korrespondensie wat van Tegeta ontvang is aan die DA gestuur.

In die brief van 23 Junie het Tegeta gesê die verslag lyk soos ’n eensydige poging van die departement af om hul onderneming en die verhouding met Eskom te ondermyn.

“Ons het regsadvies gekry om, indien die verslag uitgereik word, wat nie in die konteks van die konstitusionele beginsels is wat ons die reg gee om kommentaar te lewer op die aantygings nie, doen jy so op jou eie risiko,” het Ravindra Nath, ’n direkteur van Tegeta, gesê. – Fin24

Meer oor:  Sunday Times  |  Tegeta  |  Eskom  |  Brian Molefe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.