Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Beurtkrag: Fase 2 landwyd; Kaapstad op fase 1
Eskom waarsku dat daar ’n kans is dat beurtkrag dié naweek weer sy kop kan uitsteek. Foto: Unsplash

Eskom het pas aangekondig dat fase 2-beurtkrag van 12:00 ingestel word. Dit sal tot 22:00 duur.

Die Stad Kaapstad het egter aangekondig dat fase 1-buurtkrag in dié metropolitaanse munisipaliteit sal geld, met die uitsondering van mense wat hul krag regstreeks van Eskom kry.

Sikonathi Mantshantsha, woordvoerder van Eskom, het vroeër Vrydag aan die Sowetan  gesê “beurtkrag kan enige tyd gedurende die dag op kort kennisgewing ingestel word”.

“Ons is hard aan die werk om dit te vermy en spitstydbeurtkrag in die aand te voorkom.”

Eskom waarsku al twee dae lank dat sy stelsels onder groot druk is en dat beurtkrag ’n moontlikheid is. Hy het ook gewaarsku dat dit die res van die week die geval sal wees.

Dit is die eerste keer sedert 15 Maart dat beurtkrag ingestel word.

Die kragreus het vroeër vandeesweek gesê hy het probleme met eenhede by sy Tutuka-, Lethabo-, Duvha- en Kendal-kragstasie.

Eskom het Vrydagoggend in 'n verklaring gesê dat die moontlikheid dat hy wel beurtkrag gaan moet instel, toegeneem het. Hy sê daar is tans vyf eenhede wat van die netwerk afgehaal moes word. Dit sluit twee eenhede by die Arnot-kragstasie, en een elk by die Kendal-, Tutuka- en Majuba-kragstasie in. Vroeg Vrydagoggend het 'n eenheid by sy Matimba-kragstasie ook gebreek. Dit beteken Eskom het 3 000 MW se opwekkingsvermoë verloor.

Eskom waarsku wéér dat dié situasie waarskynlik die hele naweek gaan duur.

  • Die artikel is ná publikasie bygewerk met die nuutste inligting soos wat deur Eskom beskikbaar gemaak is.
Meer oor:  Eskom  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.