Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom paai oor fase 8-beurtkrag
Eskom sê daar is ’n skraal kans dat hy ooit fase 8-beurtkrag sal instel. Foto: Bloomberg

Dit is nie waar dat Eskom munisipaliteite ingelig het dat hy binnekort fase 8-beurtkrag gaan instel nie.

Dit is luidens ’n verklaring wat Eskom vroeg Dinsdagoggend uitgereik het.

Eskom verwys net na “berigte” wat sê dat dit wel die geval is.

Die kragverskaffer sê hy het lank reeds skedules vir beurtkrag opgestel wat tot fase 8 strek.

Netwerk24 het reeds in November 2018 hieroor berig.

LEES OOK: Beurtkrag: Vergeet fase 1, maak gereed vir fase 8!

Eskom het tóé ná navrae daaroor aan Netwerk24 gesê die Wet op Rampbestuur vereis dat hy gebeurlikheidsplanne moet hê. ’n Ernstige verskaffingstekort is een hiervan.

“Eskom het planne hiervoor, en hy verbeter hierdie planne deurlopend,” het die maatskappy se media-afdeling per e-pos geantwoord.

Eskom sê hy werk al sedert 2015 aan planne vir fase 5- tot fase 8-beurtkrag. “Eskom en die munisipaliteite het besef daar is ’n behoefte om die beplanning vir beurtkrag uit te brei.

“Die nasionale praktykkode vir noodbeladingverlaging en stelselherstelpraktyke is ná beduidende betrokkenheid deur belanghebbendes tussen 2016 en 2017 verander.”

LEES OOK: Fase 8-beurtkrag: Wet vereis so ’n ‘rampplan’

Eskom sê in Dinsdag se verklaring dat dit as nasionale praktykkode NRS048-9 Ed.2 gepubliseer is.

Dit laat hom toe om tot 8 000 MW krag van die netwerk te verwyder.

Vir Jan Alleman beteken dit dat hy tot 17 uur per dag sonder krag kan sit.

Luidens Eskom het die Suid-Afrikaanse Nasionale Energiereguleerder (Nersa), dié praktykkode reeds in 2019 goedgekeur.

Eskom sê wat nou blyk die probleem te wees, is dat hoewel munisipaliteite wel skedules tot fase 8-beurtkrag gehad het teen 9 Desember 2019 toe fase 6-beurtkrag die eerste keer ingestel is, het van hulle dit nog nie gepubliseer nie.

LEES OOK: Eskom: Só het ons by fase 6 gekom

Eskom sê die Vereniging van Munisipale Elektrisiteitsvoorsieners (Ameu), het sedertdien met al sy lede bevestig dat hulle wél aan die praktykkode voldoen.

“As ’n versigtige stelseloperateur verseker Eskom dat sy gebeurlikheidsbeplanning die waarskynlikheid van hoë en lae impak soos hierdie insluit.

“Hierdie beplanning is in noue samewerking met munisipaliteite gedoen en sluit in simulasie-oefeninge (soos standaardpraktyk vir ander voorvalle soos ’n kernvoorval of ’n landwye beurtkrag),” sê Eskom in die verklaring.

Hoewel Eskom sukkel om die land se ligte aan te hou, het hy nie wéér fase 6-beurtkrag sedert 9 Desember toegepas nie.

Hy verwag nie om Dinsdag enige beurtkrag in te stel nie, maar waarsku dat die netwerk steeds onder geweldige druk is.

Meer oor:  Eskom  |  Beurtkrag  |  Fase 8
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.