Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom pleit nou vir hulp om ’n nuwe baas te vind

Aansoekers staan nie juis tou om Eskom se nuwe uitvoerende hoof te word nie. Die beleërde nutsmaatskappy soek nou ’n werwingsagentskap om hom te help.

Eskom se hoofkantoor, Megawatt Park, in Johannesburg. Foto: Getty Images

In ’n tender wat Woensdag uitgereik is, soek die kragreus nou amptelik ’n aanbod van enige maatskappy wat kan help om ’n nuwe permanente uitvoerende hoof te identifiseer.

Dit kom nadat Phakamani Hadebe op 31 Julie sy laaste dag as groep- uitvoerende hoof gewerk het en tydelik deur Jabu Mabuza, voorsitter van Eskom, vervang is.

Eskom het reeds op 21 Julie self in verskeie Sondagkoerante vir ’n permanente hoof begin adverteer.

Die sluitingsdatum in dié advertensies was 2 Augustus.

In sy jongste poging gee Eskom maatskappye tot 5 Augustus om hul aansoeke in te dien om die werwingsveldtog te lei.

Die tender verskaf geen spesiale voorwaardes, bykomende besonderhede of kwalifiserende kriteria vir die maatskappye wat moet aansoek doen nie.

Wat soek Eskom in sy nuwe hoof?

Die twee grootste verantwoordelikhede blyk te wees om Eskom se finansiële volhoubaarheid te verseker en om ’n deurslaggewende rol in die verdeling van Eskom in drie dele te speel.

Kandidate moet minstens 20 jaar ervaring en verkieslik ’n nagraadse sakekwalifikasie hê, en moes al ’n belangrike rol in die omkeer van ’n onderneming met minstens 20 000 werknemers en ’n jaarlikse omset van meer as R30 miljard gespeel het.

Eskom vereis ook dat sy nuwe hoof oor “sterk kommersiële insig” beskik en ervaring in korporatiewe herstrukturerings, veral gemik op “balansstaat-optimalisering” het.

Meer oor:  Eskom  |  Phakamani Hadebe  |  Elektrisiteit  |  Staatsondernemings  |  Krag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.