Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom sal Aveng betaal; staan by Oberholzer
Jan Oberholzer, bedryfshoof van Eskom. Foto: Elvira Wood

Eskom sal voldoen aan die hofbeslissing ten gunste van die konstruksiemaatskappy Aveng en sal aan die maatskappy R40 miljoen plus rente betaal.

Dit bring uiteindelik ’n einde aan die sage wat deels veroorsaak is deur Mark Chettiar, ’n sogenaamde fluitjieblaser by Eskom.

Jan Oberholzer, bedryfshoof van Eskom, wou in 2019 al die R40 miljoen aan Aveng betaal het as deel van ’n skikkingsooreenkoms, juis om uitgerekte regsprosesse te vermy. Maar Chettiar het voor die Zondo-kommissie oor staatskaping getuig hy is onder druk geplaas deur Oberholzer om die R40 miljoen aan Aveng te betaal omdat Oberholzer volgens hom glo Aveng se belange bevorder het bo dié van Eskom.

Die kommissie het Eskom toe aanbeveel om eers nie die bedrag aan Aveng te betaal nie.

Adv. Nazir Cassim, wat Eskom aangestel het om Chettiar se bewerings teen Oberholzer te laat ondersoek, het ook aanbeveel om hangende die uitslag van Aveng se hofsaak teen Eskom hieroor, eers nie die bedrag te betaal of op te tree teen Oberholzer voordat die hofsaak nie afgehandel is nie.

Eskom het Vrydag bevestig hy het kennis geneem van die hooggeregshof in Johannesburg se onlangse uitspraak ten gunste van Aveng, en sal nou die geld betaal.

Eskom het weer eens ook bevestig dat Oberholzer reg opgetree het wat Aveng betref. Eskom se direksie het Vrydag weer eens die “volgehoue, ongegronde en kwaadwillige” bewerings teen Oberholzer ten sterkste veroordeel.

“Dit het die Eskom-bestuur se aandag afgetrek van die baie kritieke taak om Eskom se swak kragopwekking te verbeter, het onnodig Eskom se reputasie geskaad en die naam van ’n belangrike en toegewyde werknemer by ’n korrupsieskandaal betrek wat nie eens bestaan het nie.”

Aveng het die kontrak gehad om ’n rangeerwerf en steenkoolhanteringsgeriewe by die Majuba-kragstasie te ontwerp, op te knap en te verbeter. Daaruit het vyf betalingsdispute ontstaan waarvan Eskom oor drie geskik het. Die oorblywende twee dispute het verband gehou met die meer as R40 miljoen waaroor Chettiar vir Oberholzer van korrupsie beskuldig het.

Intussen eis Chettiar nou self R41 miljoen van Eskom om sy naam skoon te kry, het Elvira Wood verlede week berig. ’n Regsadviseur van Eskom het glo gesê Chettiar se eis is “gek”.

Meer oor:  Aveng  |  Eskom  |  Jan Oberholzer  |  Elektrisiteit  |  Energie  |  Kragvoorsiening  |  Kragopwekking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.