Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom se huislenings ‘te koop’
Eskom se Kendal-kragstasie. Foto: Bloomberg

Privatisering bestaan nie amptelik in die regering se woordeskat nie, maar die nasionale tesourie het pas ’n tenderproses begin om Eskom se huisverband-afdeling te verkoop.

Dis van die eerste nuwe stappe wat Nhlanhla Nene as minister van finansies doen om staatsondernemings se geldsake te help stabiliseer.

Met die begrotingsrede in Februarie het tesourie-amptenare gesê ’n oudit word gedoen om uit te vind watter nie-kern-staatsbates die regering kan verkoop of beter aanwend om geld te kry waarmee staatsondernemings se balansstate verstewig kan word.

Die tesourie het ’n voorafkwalifikasieproses vir ’n bodproses begin om Eskom Finance, ’n volfiliaal van Eskom, te verkoop.

Eskom Finance het ’n leningsboek van R8,7 miljard en sowat 16 000 kliënte, almal Eskom-werknemers wat om huislenings aansoek gedoen het. Eskom het ’n totale werkmag van sowat 43 000.

Eskom Finance is in 1990 gestig. Dit is nie ’n finansiëlediensverskaffer wat beleggersdeposito’s hou nie, maar bied lenings danksy sekuritisering (waardeur huislenings saamgepoel en in ’n sekuriteit omskep word wat op die kapitaalmarkte verhandel kan word).

Die regering oorweeg om die sake-eenheid te verkoop deur ’n mededingende tenderproses. Die voorafkwalifikasieproses sluit op 17 Mei.

Omtrent 38% van Eskom se werknemers het tans huislenings by Eskom Finance. Hul huispaaiemente word maandeliks van hul salarisse afgetrek.

Die tenderdokumente sê nie wat die rentekoerse is wat werknemers betaal nie.

Die regering is onder druk om Eskom se geldsake reg te ruk, want Eskom gebruik meer as R200 miljard se staatswaarborge.

Vakbonde is erg gekant teen enige sprake van privatisering. Eskom sê hy sal met die vakbonde praat oor enige plan om Eskom Finance te verkoop. Die sake-eenheid het 75 werknemers. - Reuters, Bloomberg

Meer oor:  Eskom  |  Nhlanhla Nene  |  Staatsondernemings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.