Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom sê hy mág fase 5 tot 8 instel
Eskom mag fase 5- tot fase 8-beurtkrag instel selfs al het Nersa dit nog nie goedgekeur nie.Foto: Unsplash

Eskom mág fase 5- tot fase 8-beurtkrag instel, selfs al het die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) die skedules daarvoor nog nie goedgekeur nie.

Netwerk24 het Eskom reeds in November 2018 genader oor dié bykomende fases wat stil-stil op sy webtuiste hul opwagting gemaak het. Toe het Eskom gesê dis nog nie amptelik goedgekeur nie.

Woensdag het ’n woordvoerder van Eskom per e-pos bevestig dis steeds nie goedgekeur nie.

“Die bygewerkte gedragskode (NRS048-9) is aan die publiek beskikbaar gestel vir konsultasie en om amptelik deur Nersa goedgekeur te word.

“Dit is vroeg in 2017 formeel deur die elektrisiteitsektor aangepas. Daar is destyds met Nersa ooreengekom dat die aanbevole fase 5 tot fase 8 (indien nodig) ingestel sal word aangesien daar nie ander riglyne vir die hantering van noodlasvermindering ná fase 4 is nie.”

Die energiekenner Ted Blom het Dinsdag gesê Suid-Afrika is eintlik reeds in fase 5, hoewel die beurtkragskedules vir fase 4 geld. In fase 4 moet Eskom 4 000 MW krag bespaar, maar die vraag oorskry vermoë tans by tye met 4 900 MW.

“Kragtens die Wet op Rampbestuur, sowel as die netwerkkode, word die stelseloperateur gemagtig om dié besluit te neem,” sê Eskom.

“Die alternatief sal ’n nasionale ineenstorting van die netwerk of ongeskeduleerde beurtkrag beteken.

“Laasgenoemde kan moontlik kritieke bedrywe soos hospitale en diepvlakmyne, sowel as die veiligheid van die nasionale kragstelsel, in gevaar stel.”

Kragtens die Wet op Rampbestuur, sowel as die netwerkkode, word die stelseloperateur gemagtig om dié besluit te neem.

Eskom sê dat indien daar ná die konsultasieproses besluit word om veranderinge aan fase 5 tot fase 8 aan te bring, sal die hersiene skedules gepubliseer word.

Indien fase 8 realiseer, sal dit beteken jy kan tot 17 uur per dag sonder krag wees, hoewel nie aaneenlopend nie.

Eskom sê hy werk al sedert 2015 aan planne vir fase 5- tot fase 8-beurtkrag. “Eskom en die munisipaliteite het besef daar is ’n behoefte om die beplanning vir beurtkrag uit te brei.

Fase 4-beurtkrag is Woensdag weer van 09:00 tot 23:00 ingestel.

  • Mense wat hul elektrisiteit regstreeks by Eskom kry, kan die beurtkragskedule op Eskom se webtuiste of meer inligting by 0860 037 566 kry.
  • Mense wat hul elektrisiteit by hul munisipaliteit kry, moet die betrokke munisipaliteit se webtuiste vir skedules besoek.
Meer oor:  Eskom  |  Nersa  |  Beurtkrag  |  Elektrisiteit  |  Energie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.