Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom se marge vir veiligheid tuimel tot 3,8%

Ná 26 dae sonder beurtkrag sukkel Eskom die afgelope paar dae toenemend om die land se ligte aan te hou.

’n Ontleding van die jongste data oor Eskom se opwekkingsvermoë dui op ’n toenemende afhanklikheid van sy noodopwekkingsvermoë om in die vraag na krag te voorsien.

k

Dit is weens druk op sy opwekkingsvermoë en ’n styging in die vraag na krag te midde van kouefronte wat oor die land beweeg.

Die land het 26 dae gelede laas beurtkrag gehad nadat die Koeberg-kernkragstasie weer teen volle vermoë begin krag opwek het. Een van sy eenhede was sedert begin Januarie af vir herstelwerk. Toe dit uiteindelik weer aanlyn kom, het dit ’n bykomende 900 MW tot die nasionale kragnetwerk gevoeg.

’n Week gelede kon Eskom nog gemaklik voorsien in die land se energiebehoeftes, maar die afgelope vier dae het hy opnuut afhanklik geword van noodopwekkingsvermoë om die ligte in spitstye aan te hou.

Die gemiddelde vraag na krag die afgelope sewe dae was 30 855 MW met ’n hoogtepunt van 32 816 MW op Dinsdag 6 Julie. Terselfdertyd was die gemiddelde beskikbare opwekkingsvermoë 33 270 MW.

Beurtkrag dreig, so hou maar jou selfoon gelaai!

Die lopende surplusopwekkingsvermoë is egter al sedert Saterdag 3 Julie op ’n afwaartse trajek.

Eskom behoort volgens internasionale standaarde ’n veiligheidsmarge van 15% van opwekkingsvermoë te hê om te kan voorsien in ’n skielike toename in die vraag na krag – met ander woorde, hy moet deurlopend 15% meer krag opwek as wat die vraag daarna is.

Op sy eie webwerf sê Eskom dit is een van die belangrikste “balanseringstoertjies” van sy bedrywighede om die balans van die veiligheidsmarge reg te kry sodat hy nie vermors deur te veel krag as surplus beskikbaar te hê, of te min wat die risiko van kragonderbrekings skep nie.

Om 15% van sy opwekkingsvermoë as veiligheidsmarge te hou, kom daarop neer dat Eskom net minder as 5 000 MW as surplus beskikbaar moet hê vir ’n krisis.

Maandag was sy veiligheidsmarge net 2,24%, of 737 MW.

Dit dobber tans rondom 3,8%.

Met so min grasie tussen die vraag en aanbod, kan beurtkrag noodgedwonge onverwags toegepas word indien die vraag na krag skielik styg, of een van Eskom se beleërde opwekkingseenhede by sy verouderde kragstasies skielik onklaar raak.

Een eenheid by die grootste steenkoolkragstasies wek 800 MW op. Indien net een onklaar sou raak, sal dit dus dadelik die veiligheidsmarge opvreet en lei tot beurtkrag.

Eskom waarsku nou al dae lank saans om 18:00 dat die kragnetwerk onder erge druk verkeer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.