Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom se Oberholzer wéér ondersoek
Jan Oberholzer, bedryfshoof van Eskom. Foto: Elvira Wood

Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het ’n nuwe ondersoek teen Jan Oberholzer, bedryfshoof van Eskom, ingestel, al het drie vorige ondersoeke bevind hy is nie skuldig aan enige ongerymdhede nie.

Die SOE-ondersoek teen Oberholzer is die vierde ondersoek oor die bewerings van ongerymdhede en korrupsie wat Mark Chettiar, ’n hoofbestuurder by Eskom, verlede jaar gemaak het.

Hy het Oberholzer onder meer daarvan beskuldig dat hy ’n kontrak onderhandel het met ’n konstruksiemaatskappy waarin hy aandele besit en dat hy iemand gevra het om werk te kry vir sy swaer sonder om te verklaar dat hy ’n familielid is.

Eskom het egter in twee eksterne en een interne ondersoek bevind dat daar geen waarheid in die klagtes teen Oberholzer steek nie.

Ook die staande komitee oor openbare rekeninge het bevind dat Oberholzer niks verkeerd gedoen het nie.

LEES OOK: Eksklusief: Oberholzer klaer eis R41 m. van Eskom

Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SOE, het Saterdag by navraag bevestig bewerings na ongerymdhede wat in die openbare domein geopper is, word ondersoek.

Volgens Kganyago het Oberholzer sy volle samewerking met die ondersoek, wat vroeër vanjaar begin het, gegee.

“Oberholzer het uit die staanspoor sy volle samewerking met die ondersoek gegee en het selfs sy bankstate aan die eenheid verskaf.”

Kganyago sê die ondersoek is byna voltooi, aangesien dit nie ’n ingewikkelde ondersoek was nie.

Sikonathi Mantshantsha, woordvoerder van Eskom, het by navraag gesê hoewel hulle nie bewus is van die ondersoek nie, verwelkom hulle dit nietemin en vertrou hulle dat diegene met getuienis van oortredings aan Oberholzer se kant na vore sal kom en wetstoepassingsagentskappe met vervolging sal help sodat die saak so spoedig moontlik en finaal afgehandel kan word.

Volgens Mantshantsha is Oberholzer drie keer in die afgelope twee jaar ondersoek.

“Geen bewyse van kwaaddoenery is gevind nie.”


Meer oor:  Soe  |  Jan Oberholzer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.