Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom se skorsing by sakeliggaam opgehef

Business Leadership South Africa (BLSA) het Eskom weer as lid van dié sakeliggaam toegelaat nadat die nutsreus verlede jaar te midde van bewerings van staatskaping en korrupsie geskors is.

Eskom is weer lid van Business Leadership South Africa. Foto: Argief

Bonang Mohale, uitvoerende hoof van BLSA, sê die besluit om Eskom se skorsing op te hef, is geneem uit erkenning van die vordering wat die nuwe direksie sedert sy aanstelling by die maatskappy gemaak het.

Die regering het in Januarie ’n nuwe direksie onder leiding van Jabu Mabuza aangewys in ’n poging om die beleërde maatskappy te stabiliseer.

“Ná versigtige oorweging van al die stappe wat die nuwe bestuur en nuwe direksie gedoen het om Eskom se uitdagings met korporatiewe beheer, kapitaalstruktuur en leierskap aan te pak – uitdagings wat bedryfsdoeltreffendheid van die grootste nutsmaatskappy in ons land gekniehalter het – het die BLSA besluit dit is nou gepas om Eskom se skorsing op te hef,” sê Mohale.

Eskom se bestuur is van die besluit ingelig.

BLSA het Eskom in September 2017 geskors ná ernstige bewerings oor staatskaping en korrupsie.

BLSA, wat van die grootste ondernemings in die land verteenwoordig, sê hy is “bemoedig” deur die ondernemings van Eskom se direksie, asook die bedanking van bestuurders wat onder verdenking was.

Matshela Koko het onder meer as waarnemende uitvoerende hoof bedank.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het Phakamani Hadebe verlede week vas aangestel as hoof.Fin24

Meer oor:  Blsa  |  Eskom  |  Pravin Gor­Dhan  |  Popo Molefe  |  Phakamani Hadebe  |  Bonang Mohale  |  Staatskaping  |  Krag  |  Korrupsie  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.