Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom se sportvelde te huur
Die ingang na Eskom se Megawatt Park-kantoorkompleks in Johannesburg. Foto: Bloomberg

Het jy ’n sportklub wat ’n veld soek?

Dalk het Eskom die oplossing vir jou probleem.

Die kragverskaffer het Dinsdag ’n tender gepubliseer waarin hy sy sportvelde by Megawatt Park in Sunninghill, Johannesburg, adverteer.

Die sportvelde, met ’n uitsig oor die Mall of Africa in Midrand, word ook gereeld deur die Supersport United-sokkerspan gebruik.

Volgens die tenderdokument is die volgende fasiliteite beskikbaar:

• Twee oefenvelde wat saam sowat 20 280 m² beslaan.

• Kantoorspasie (592 m²) in die gebou reg langs die sportvelde se kelder.

• ’n Aksie-sokkerveld (5 076 m²), wat ook as ’n boulgebied gebruik kan word; en

• ’n Swembad van 25 m lank met nege bane.

eskom

Eskom stel dit duidelik dat die swembad egter nie vir die eksklusiewe gebruik van die huurder sal wees nie, en dat dit met werknemers gedeel moet word.

Die kantoorspasie is ook reeds in ’n ontspanningsarea omskep wat bestaan uit aantrekkamers, behandelings-/mediese kamers en plek vir ontspanning.

’n Lugfoto van die kantoorkompleks wys dat daar ook tennisbane op die perseel is. Daar is geen aanduiding of dié tennisbane by die kontrak ingesluit is of nie.

Die huur vir al die infrastruktuur kos R63 600 per maand wat beteken R763 200 per jaar.

Dit sluit nie belasting op toegevoegde waarde (BTW) in nie, en sal met 7% per jaar verhoog word.

Die huurtydperk wat geadverteer word is van 1 Januarie 2021 tot 31 Desember 2023.

Die huurder sal ook verantwoordelike wees vir koste om die infrastruktuur in stand te hou. Dit sluit spesifiek die koste van die besproeiing van die velde in.

Eskom sê daar is egter wel ’n boorgat op die eiendom wat vir dié doel gebruik kan word.

Die uitreiking van die tender kom op dieselfde dag wat André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, in ’n aanlyn gesprek met die media, gesê het dat Eskom van sy niekernbates wil verkoop. Hy het in die gesprek wat deur die Kaapstadse Persklub gereël is, gesê dat Eskom baie eiendom besit.

Dit is nie die eerste keer dat Eskom ’n deel van Megawatt Park uithuur nie.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se grootsakesentrum was voorheen hier gebaseer.

Die SAID het egter dié kantore vroeër in 2020 na ’n nuwe gebou in Woodmead, Johannesburg, geskuif.

Belangstellendes kan die tender dokumente vanEskom se webtuiste aflaai.

Daar kan gereël word om die gronde te besigtig.

Die sluitingsdatum vir tenders is 1 September om 10:00.

Meer oor:  Eskom  |  Andre De Ruyter  |  Sportvelde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.