Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom selfs verder afgegradeer

Moody’s Investors Service het Eskom se skuld wat nie deur die staat gewaarborg word nie, nóg verder afgegradeer.

Eskom se onafhanklike kredietgradering is ook afgegradeer tot Caa3. Dit is die derde laagste vlak moontlik.

Moody’s het steeds vertroue in Eskom se vermoë om sy skuldafbetalings te doen op dié deel van sy R450 miljard skuld waarmee die staat hom ondersteun.

In ’n verklaring wat die kredietgradeerder Dinsdag uitgereik het, sê hy Eskom se skuld wat nie deur die staat gewaarborg is nie, is op die nippertjie van ’n gradering wat dit as ’n ooglopende risiko vir wanbetaling sal merk.

Dié skuld het nou ’n gradering van B3 – ses vlakke onder beleggingsgraad en net een vlak bo ’n C-klas van graderings wat dui op dreigende wanbetaling.

Moody’s het steeds vertroue in Eskom se vermoë om sy skuldafbetalings te doen op dié deel van sy R450 miljard skuld waarmee die staat hom ondersteun. Die kredietgradering kan egter nie sien hoe die staatsonderneming selfs op mediumtermyn die vermoë sal hê om sy finansiële pligte na te kom nie.

Skuld wat deur die staat gewaarborg word, bly dus op ’n gradering van Baa3, nes Suid-Afrika se eie gradering slegs een vlak bo rommelstatus.

Moody’s verduidelik die besluit deur te verwys na die “onvoorwaardelike en onherroeplike” waarborg van R350 miljard wat die staat aan Eskom bied.

Maar selfs die R138 miljard se reddingsboeie wat oor die volgende drie jaar nog aan Eskom toegeken gaan word, is nie genoeg om sy finansiële posisie wesenlik genoeg te verander nie, maan Moody’s.

Eskom moet tans gemiddeld R85 miljard se rente op skuld per jaar betaal oor die volgende drie jaar en het ook ’n onmiddellike begrotingstekort van R25 miljard vir die volgende vyf maande van sy boekjaar.

Moody’s waarsku dat selfs met die spesiale Eskom-besprekingsdokument, geïntegreerde hulpbronplan (IRP) en ander regrukplanne vir die nutsmaatskappy, sal dit “waarskynlik steeds nie veel meer as klein veranderinge op mediumtermyn kan meebring nie”.

Die gradeerder dink ook al is die regering se planne baie positief, is dit eerstens te ambisieus vir wat eintlik haalbaar is, en selfs al kon dit so vinnig beskikbaar gestel word, sou dit nie Eskom se bedryfs- of finansiële probleme direk kon aanpak nie.

Moody’s waarsku ook dat Eskom nou regstreeks afhanklik is van die staat se ondersteuning, maar dat met die negatiewe vooruitsig en ’n moontlike kredietafgradering wat die staat self in die gesig staar, sal onsekerheid bly heers.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.