Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom sit geen aanbod vir lone op tafel op dag 1

Eskom wil talle diensvoorwaardes van Eskom-werknemers hersien voordat hy eens ’n aanbod vir salarisverhogings op die tafel plaas.

Dit sluit in dat mense wat oortyd werk, vergoed word vir die ure wat hulle werk, pleks van ’n minimum vergoeding vir vier uur oortyd, selfs wanneer hulle minder as dit werk.

Eskom wil ook ’n standaardbedrag vergoeding vir werk op Sondae en openbare vakansiedae instel, pleks van die dubbele vergoeding wat tans geld.

Dié voorstelle is vervag in ’n lang brief wat Bloomberg en Business Day onder oë gehad het waarmee Eskom Dinsdag se loononderhandelinge begin het.

Die onderhandelinge gaan na verwagting tot 3 Junie duur.

Aan die ander kant van die tafel het vakbonde met astronomiese eise begin.

Die National Union of Mineworkers (NUM), die grootste vakbond by Eskom met 14 000 lede, en die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) eis ’n verhoging van 15% en Solidariteit van 9,5%.

Inflasie was in Maart 3,2%.

Onder die eise van vakbonde wat Eskom verwerp, is: 

  • Die behuisingstoelae moet meer as verdubbel word tot R7 000 (van R3 425);  
  • Die bystandstoelae van R97 per dag moet tot R500 verhoog word; en  
  • Eskom se bydrae tot werknemers se mediesefondspremies moet van 60% tot 80% verhoog word.

Eskom sê die verhogings en ander eise is onbekostigbaar vir die staatsonderneming.

Eskom het meer as R480 miljard skuld.

Die nasionale kragverskaffer het al Vrydag by vakbonde gepleit om die landsbelang eerste te plaas.

Eskom sê hy is nie “in dié stadium in die posisie om ’n moontlike aanbod op die tafel te sit oor die verhoging in basiese salarisse nie”, maar wag op vakbonde se reaksie op sy brief.

Livhuwani Mammburu, ’n woordvoerder van NUM, sê Eskom moet ’n aanbod op te tafel sit. 

Die staatsonderneming het in 2018 onder druk van vakbonde geswig en tot ’n jaarlikse verhoging van 7% en ’n eenmalige kontantbetaling ingestem.

Vorige jare se loononderhandelinge by Eskom is gekenmerk deur geweld en intimidasie van mense wat wel wou gaan werk. – Bloomberg, bygewerk 

Meer oor:  Num  |  Eskom  |  Numsa  |  Loononderhandelinge  |  Elektrisiteit  |  Staatsondernemings  |  Krag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.