Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom skakel ’n eenheid by Koeberg af

Eskom skakel eenheid twee van die Koeberg-kragsentrale Vrydag af omdat die nutsmaatskappy op die oomblik meer krag opwek as wat die land nodig het – selfs met byna 18 000 MW se opwekkingsvermoë reeds van lyn af.

kerrn
Die son sak agter die Koeberg-kragsentrale naby Kaapstad.

Eskom sê in ’n verklaring sedert die staat van inperking begin het, het die vraag na krag met tussen 7 500 MW en 9 000 MW per dag geval.

Die Koeberg-eenheid gaan vanaf middernag op 3 April tot 30 April afgeskakel wees, tensy die vraag na krag skielik weer styg.

Die maatskappy het ook Woensdag bekend gemaak hy het windplase in kennis gestel dat die hoeveelheid krag wat hy van hulle koop, gaan verminder na gelang van die laer vraag. Eskom beskou dit as ’n force majeur – omstandighede buite sy beheer wat dit vir hom onmoontlik maak om die hoeveelheid krag te koop wat kontrakte met die plase bepaal.

LEES OOK: Eskom wil nie meer windkrag hê – vraag te min

In nog ’n verwikkeling het Eskom aangekondig hy gaan nou wel die laer vraag gebruik om meer korttermyn-onderhoud aan sy verouderde kragstasies te doen. Dis nadat hy verlede week gesê het beplande onderhoud is nié ’n noodsaaklike diens tydens die inperking nie en hy kan daarom nie die stil tyd só benut nie.

Woensdag teen 16:10 was 9 032 MW se opwekkingsvermoë vir beplande onderhoud van die netwerk af en 8 572 MW weens onbeplande foute. Die totaal is 17 604 MW.

Dis byna dubbeld die beplande onderhoud op 4 256 MW se opwekkingsvermoë wat op 25 Maart – nagenoeg 24 uur voordat die inperking begin het – gedoen is. Toe was 12 175 MW se vermoë egter weens onbeplande foute buite werking, vir ’n totaal van 16 431 MW.

Eskom het vroeër verseker dat beurtkrag nie tydens inperking nodig sal wees nie. Suid-Afrika het laas op 15 Maart beurtkrag gehad.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.