Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom: Skoor ongeduldig oor Oberholzer-verslag

Die parlement se staande komitee oor openbare ondernemings (Skoor) wil dringend die verslag sien wat Jan Oberholzer, bedryfshoof van Eskom, onthef van alle blaam in die ondersoek na bewerings van korrupsie, oneerlikheid, belangebotsing en magsmisbruik.

Jan Oberholzer, bedryfshoof van Eskom. Foto: Elvira Wood

Dié klag is in Maart teen hom ingedien.

Eskom het in April gesê ’n senior advokaat het bevind daar is geen rede vir enige optrede teen Oberholzer nie.

Die advokaat, wie se naam nie genoem word nie, moes ondersoek of Oberholzer nagelaat het om belangebotsings openbaar te maak wat die konstruksiemaatskappy Stefanutti Stocks betref.

Oberholzer besit aandele in Stefanutti Stocks, maar het volgens die advokaat behoorlike openbaarmaking daaroor gedoen. Daar is bevind ’n tugverhoor is nie nodig nie.

Stefanutti Stocks is een van ’n paar kontrakteurs wat ondersoek word weens beweerde opgeblase betalings wat hulle ontvang het vir werk by die Medupi- en Kusile-kragstasie.

Oberholzer het voorheen by Stefanutti Stocks gewerk as besturende direkteur van die afdeling vir meganiese, elektriese en kragprojekte.

Omphile Maotwe, EFF-LP en lid van Skoor, het gesê omdat daar nog geen teken van dié verslag is nie, kan daar vrae gevra word oor of die verslag bestaan, en of daar enigsins ’n ondersoek gedoen is.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het in reaksie daarop gesê dat hy dit juis Donderdag ontvang het. Hy het egter nie tyd gehad om die verslag voor die komiteevergadering te bestudeer nie.

Gordhan het gesê hy en die direksie van Eskom moet ook eers seker maak dat daar geen regsaksie sal wees as dit wel bekend gemaak word nie.

Van die Skoor-lede het gesê dat Oberholzer nie spesiale behandeling moet ontvang nie en dat die verslag beskikbaar gestel moet word juis omdat hy ’n hoë pos by Eskom beklee.

Hulle het ook gesê dat Eskom in April reeds ’n verklaring uitgereik het dat daar geen rede is om teen Oberholzer op te tree nie.

Maotwe het gesê ’n mens sou dink die verslag moes eers aan Gordhan voorgelê gewees het voordat Eskom enige verklaring daaroor kon uitreik.

Gordhan het hulle egter verseker dat standaardprosedure gevolg word voordat ’n verslag bekend gemaak word. Hy het onderneem om die verslag teen Woensdag op die laatste aan die komitee beskikbaar te stel.

Meer oor:  Skoor  |  Stefanutti Stocks  |  Eskom  |  Jan Oberholzer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.