Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom skors Koeberg-bestuurder

Velaphi Ntuli, hoofbestuurder by die Koeberg-kernkragstasie in Kaapstad, is weens prestasieverwante kwessies geskors.

Eskom het Vrydag in ’n verklaring aangekondig Riedewaan Bakardien, hoofbeampte vir kernkrag, sal die bestuursfunksie by die kragstasie oorneem totdat die kwessie afgehandel is.

Die nasionale kragverskaffer sê hy ervaar tans beurtkrag wat die hele land en sy ekonomie beïnvloed.

“Koeberg Eenheid 1, een van Eskom se grootste opwekkingseenhede met ’n kapasiteit van 900 MW, is sedert Januarie 2021 nie in gebruik nie en sou kon help om die vraag na beurtkrag te verminder as dit betyds teruggebring is soos oorspronklik beplan is,” lui die verklaring.

Volgens Eskom sal dié eenheid in die derde week van Junie weer in gebruik geneem word.

Meer oor:  Eskom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.