Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom ‘skrum’ nog oor beurtkrag Sondag

Eskom kon Saterdagoggend nog nie bevestig of daar Sondag beurtkrag gaan wees wanneer die Springbokke Japan in die laaste van die vier kwarteindwedstryde van die Wêreldbeker-toernooi aandurf nie.

Beurtkrag gaan Saterdag die rugby ontwrig, maar hopelik nié Sondag, wanneer die Bokke teen Japan uitdraf, nie.

Die kragverskaffer kon wel met sekerheid sê dat beurtkrag Saterdag van 09:00 tot 23:00 toegepas gaan word.

In ’n verklaring sê Eskom hy gaan eers later Saterdag in ’n beter posisie wees om uitsluitsel te kan gee oor beurtkrag vir die res van die naweek.

Eskom het Suid-Afrikaners Woensdag onkant betrap toe hy aankondig fase 2-beurtkrag word ingestel.

Probleme by die Medupi-kragstasie het bygedra tot die jongste kragonderbrekings – die eerste beurtkrag sedert Maart.

“Ons rig steeds ’n versoek aan verbruikers en ondernemings om elektrisiteit spaarsamig te gebruik.”

Verbruikers word gevra om op Eskom of hul munisipaliteit se webtuistes op die hoogte te bly van wanneer hulle beurtkrag gaan ondervind .

Die Springbokke en Japan speel Sondag om 12:15 in die Tokio-stadion.

In jou streek
Kyk na beurtkragskedules by hierdie webwerf: loadshedding.eskom.co.za

Meer oor:  Eskom  |  Kragkrisis  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.