Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom: Slegs dié dienste nou gelewer
Megawatt Park, Eskom se hoofkantoor in Johannesburg. Foto: Getty Images

Enige hoop dat Eskom al sy probleem-kragstasies sal regmaak tydens die staat van inperking, is die nekslag toegedien.

Hoewel Eskom tot ’n noodsaaklike diens verklaar is en moet seker maak die ligte (en internet!) bly aan in Suid-Afrikaanse huishoudings en kosfabrieke, kan hy nie geskeduleerde instandhoudingswerk doen nie.

Die nutsmaatskappy sê in ’n verklaring hy mag net “noodsaaklike dienste” verrig tydens die staat van inperking.

LEES OOK: G’n beurtkrag – inperking spaar duisende MW’s

Sy werksmag is verklein weens die staat van inperking en sy pogings om werknemers se blootstelling aan die Covid-19-virussiekte te beperk.

Hy sal dus nou net sekere dienste aan kragverbruikers kan verskaf.

Die verkleinde werksmag beteken ook dat sy beskikbare dienste stadiger verskaf sal word.

Slegs die volgende dinge sal tot 16 April aandag kry:

  • Kragonderbrekings;
  • Noodgevalle waar lede van die publiek in gevaar is;
  • Noodsaaklike instandhouding; en
  • Kragmeters wat nie werk nie.

Volgens die nutsmaatskappy is die stappe nodig sodat hy terselfdertyd die ligte sover as moontlik kan aanhou terwyl hy ook die veiligheid van sy werknemers moet verseker.

Enige ander dienste wat van Eskom vereis word, sal nie vir die volgende drie weke ’n prioriteit wees nie.

Sy werkers wat wel dienste verskaf, sal toegerus word met die nodige veiligheidstoerusting en higiëniese maatreëls volg as hulle in aanraking met lede van die publiek moet kom.

Verbruikers sal ook nie Eskom-hulpsentrums kan besoek nie. Al dié geriewe is gesluit tot en met die einde van die staat van inperking.

Verbruikers wat hulp nodig het, moet voortaan op die volgende maniere met Eskom in verbinding tree:

  • Telefoonnommer: 08600 37566
  • Die Eskom-app
  • E-pos: customerservices@eskom.co.za
  • SMS: 35328
Meer oor:  Eskom  |  Beurtkrag  |  Krag  |  Kragstasies  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.