Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom soek advies oor reddingsboei

Eskom het ’n tender uitgereik om finansiële adviseurs aan te stel wat hom moet help om die staat se reddingsboei reg te bestee.

coal power station,eskom,electricity
Koeltorings by een van Eskom se steenkoolkragstasies.

Die tender is op 23 Augustus uitgestuur en het op 3 September gesluit, volgens inligting waartoe Bloomberg toegang gehad het.

Die tender is vir “finansiële dienste vir die inwerkingstelling van ’n staatsteunpakket”.

Die tenderdokument vra die tenderaar moet wys “hy kan holistiese oplossings verskaf om die lewensvatbaarheid van maatskappye onder finansiële druk te herstel vir transaksiewaardes van meer as $1 miljard”.

Eskom gaan oor die volgende drie jaar reddingsboeie van R128 miljard kry en die regering wil hom in drie dele verdeel. ’n Reeks opsies word oorweeg om sy skuldkoste te verlaag en sy prestasie te verbeter.

Volgens die tenderdokument moet ’n span binne ’n week van die toekenning van die kontrak kan begin werk. Bieërs moet wys hulle het relevante ervaring met adviesdienste in Suid-Afrika en internasionaal in skuldbestuur, skuldruilings en likiditeitsbestuur vir transaksies van meer as $1 miljard.

Pres. Cyril Ramaphosa gaan na verwagting later vandeesmaand ’n beleidskrif oor Eskom uitreik.

Die opbrengs op Eskom se dollar-effekte wat in Januarie 2021 verstryk, het Maandagmiddag tot 5,61% gedaal – die grootste daling sedert 2 Augustus.

Meer oor:  Eskom  |  Skuld  |  Reddingsboei  |  Finansiering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.