Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom: Solidariteit vra vir kommissie van ondersoek
Soweto
Seuns loop verby kraglyne naby die nou vervalle Orlando-kragsentrale in Soweto, Johannesburg. Een van die opsies om Eskom te red is as die staat met ’n oplossing vir Soweto se skuld aan Eskom vorendag kan kom.Foto: REUTERS

Pres. Cyril Ramaphosa moet dringend ’n kommissie van ondersoek na Eskom aanstel, sê die vakbond Solidariteit.

Dié vakbond het Vrydag in Centurion dié beroep op die president gedoen op die bekendstelling van sy webwerfwaar hy ingenieurs wat by Eskom gewerk het, vra om te kom help om probleme by die kragverskaffer op te los.

“Ons doen ’n beroep op die president om ’n kommissie van ondersoek onder leiding van ’n regter aan te stel om die krisis, wanbestuur en korrupsie by Eskom te ondersoek,” sê dr. Dirk Hermann, uitvoerende direkteur van Solidariteit.

“Die verwysingsraamwerk moet só wees dat die bevindinge na die nasionale vervolgingsgesag verwys en opgevolg kan word,” sê Hermann.

Op ’n vraag of dit nie dalk beter sal wees om te versoek dat die Valke ’n ondersoek na korrupsie by Eskom doen nie, sê Hermann hoewel die vakbond nie sal omgee as dit gebeur nie, dink hy steeds ’n kommissie sal beter agter die kap van die byl kom oor wat by Eskom gebeur het.

Sou die president aan Solidariteit se versoek voldoen, sal dit nóg een van vele kommissies van ondersoek wees wat reeds begin is.

Dit sluit in:

  • Die Nugent-kommissie van ondersoek na gebeure by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Dié kommissie het reeds sy finale verslag aan die president gestuur.
  • Die Mpati-kommissie van ondersoek na gebeure by die Openbare Beleggingskorporasie. Dié kommissie het op Vrydag 15 Februarie sy tussentydse verslag aan die president gestuur. Hy hervat sy openbare sittings op 25 Februarie in Pretoria.
  • Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping. Die kommissie se openbare sittings duur voort.
  • Die Mokgoro-kommissie van ondersoek na gebeure by die nasionale vervolgingsgesag. Dié kommissie se openbare sittings duur voort.
Meer oor:  Solidariteit  |  Eskom  |  Ondersoek  |  Bedrog  |  Kragvoorsiening  |  Elektrisiteitsverskaffer  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.