Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom: Solly ‘bewus van Econ-wolk, doen niks’

Eskom se verkrygingsafdeling, waarvan die geskorste Solly Tshitangano die hoof was, het in 2019 ’n tender van R8 miljard aan die oliebergingsfirma Econ Oil & Energy gesteun, al was hulle toe al bewus van korrupsiebeweringe teen Econ Oil.

Solly Tshitangano, geskorste verkrygingshoof van Eskom.

Dit blyk uit ’n ondersoek deur die regsfirma Bowmans, het News24 berig. Dit word ook in ’n beëdigde verklaring bevestig wat André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, verlede week aan die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) gegee het.

Dit blyk ook uit die klagstaat van Tshitangano se tugverhoor. Bowmans se ondersoek het aan Eskom uitgewys dat ’n Eskom-werknemer met Econ Oil saamgespan het.

Tshitangano was moontlik bewus daarvan dat ’n voorlopige ondersoek na Econ Oil bewyse ontdek het wat enige “taamlik” bekwame verkrygingsbeampte sou kon identifiseer as oortredings deur die maatskappy, blyk uit die klagstaat teen hom waarin News24 insae gehad het. Daar was geen aanduiding dat hy as verkrygingshoof enige stappe gedoen het om Eskom se finansiële posisie of reputasie jeens Econ Oil te beskerm nie.

Tshitangano het nie ’n oproep van Bloomberg na sy selfoon beantwoord nie en het nie dadelik geantwoord op ’n stemboodskap wat op die telefoon gelaat is om kommentaar te lewer nie.

Ná sy skorsing in Februarie het Tshitangano vir De Ruyter van rassisme en magsmisbruik beskuldig.

Skoor voer egter aan Tshitangano se klagtes teen De Ruyter is al 14 maande gelede aanhangig gemaak. Sy beweringe word tans deur adv. Ishmael Semenya, ’n senior advokaat wat die Eskom-direksie aangestel het, ondersoek.

Skoor sou ook sy eie ondersoek na Tshitangano se beweringe gedoen het, maar het vandeesweek besluit om dit op te skort hangende die afhandeling van Eskom se ondersoek.

Meer oor:  Econ Oil  |  Eskom  |  Solly Tshitangano  |  André De Ruyter  |  Krag  |  Verkrygings  |  Elektrisiteit  |  Staatsondernemings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.