Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom spartel om die ligte aan te hou
André de Ruyter Foto: Elvira Wood

Was dit nie vir ’n “beduidende hoeveelheid diesel” wat Eskom Maandagnag gebruik het nie, sou beurtkrag dalk weer ingestel moes word.

So het André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom, Dinsdagoggend gesê op ’n aanlyn voorlegging wat die Kaapstadse Persklub aangebied het.

Dit kos Eskom sowat R700 000 per uur aan diesel om sy twee dieselkragopwekkers – een by Atlantis en die ander naby Mosselbaai – te gebruik.

De Ruyter het voorheen gesê Eskom bestee tussen R3,5 miljard en R4,5 miljard per jaar aan diesel om sy gasturbines te gebruik. Dit is veral wanneer daar baie druk op die netwerk is.

De Ruyter sê hoewel die kragreus baie tyd en geld aan instandhouding in sy kragstasies bestee, is daar wel nog ’n kans dat Eskom tot einde September 2021 op kort kennisgewing beurtkrag sal moet instel.

Dit is wanneer Eskom hoop om agterstallige instandhouding op kragstasies te voltooi.

“Glo my, ek is persoonlik betrokke by elke besluit oor beurtkrag. Ons wil poog om, indien moontlik, nié beurtkrag in te stel nie.”

De Ruyter het gesê hoewel Eskom gedurende die staat van inperking in sommige gevalle meer instandhoudingswerk kon doen, moes dit in ander gevalle uitgestel word.

Weens die Covid-19-pandemie moes konstruksie aan eenheid 4 tot 6 van die Kusile-kragstasie aanvanklik gestaak word.

De Ruyter het gesê dit is sedertdien hervat nadat al die voorsorgmaatreëls ingestel is om die veiligheid van werkers te verseker.

Die Medupi-kragstasie se eenheid 3 was 75 dae buite werking om veranderinge aan te bring. Dié eenheid word nou getoets.

Volgens De Ruyter lyk dinge tans goed, en wanneer Eskom seker is dat die veranderinge suksesvol afgehandel is, sal dit ook in Kusile gedoen word.

Hy het gesê die plan is om eenheid 2 en 3 van Kusile in die tweede kwartaal van die 2021-boekjaar in bedryf te stel. “Dit gaan baie help om die netwerk te stabiliseer.”

Eskom het op 10 Julie beurtkrag ingestel en dit het sewe dae van fase 2 en soms fase 1 geverg voordat die stelsel gestabiliseer is.

De Ruyter het veral erg deurgeloop oor dié beurtkrag wat ’n week lank geduur het nadat hy vroeër vanjaar gesê het Eskom hoop om nie meer as drie dae van beurtkrag dié winter in te stel nie.

Meer oor:  Eskom  |  André De Ruyter  |  Elektrisiteit  |  Energie  |  Kragopwekking  |  Kragvoorsiening  |  Beurtkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.