Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom stappie nader aan R59 mjd. se staatsgeld

Eskom is een stap nader om ’n spesiale reddingsboei van R59 miljard oor die volgende twee jaar van die nasionale tesourie te ontvang.

Die Nasionale Vergadering het Dinsdag ten gunste van ’n spesiale toedelingswetsontwerp gestem wat dit moontlik maak.

Hoewel die DA, EFF, ACDP en VF+ teen die voorgestelde wetsontwerp gestem het, is dit steeds deurgevoer met 200 stemme daarvoor en 105 stemme daarteen.

Die wetsontwerp word nou na die Raad van Provinsies verwys.

Die reddingsboei word wel van verskeie voorwaardes vergesel.

LEES OOK: Eskom ‘hou SA gyselaar’, kry net nóg staatsgeld

Benewens gereelde en gedetailleerde verslae oor al sy finansies, sal Eskom alle skuld moet invorder van munisipaliteite, staatsdepartemente en staatsondernemings, insluitende die woonbuurt Soweto.

Munisipaliteite, insluitend Soweto, skuld Eskom ’n gesamentlike bedrag van sowat R40 miljard.

Die nasionale kragverskaffer sal ook planne moet verskaf oor wanneer hy die steenkoolkragstasies Medupi en Kusile gaan voltooi en hoeveel dit na verwagting gaan kos.

Van die ander belangrike voorwaardes sluit in daaglikse verslae oor kontantreserwes, ’n aksieplan oor hoe om die koste van steenkool, diesel en onafhanklike kragprodusente te verlaag en geen aansporingsbonusse terwyl die voorwaardes vir die reddingsboei ingestel is nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.