SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Energie
Eskom steeds lamgelê deur powere kragnetwerk

Die kragverskaffer Eskom sê Sondag in sy jongste kennisgewing die kans vir beurtkrag is min, maar waarsku dat die kragnetwerk “uiters kwesbaar” bly.

Eskom hou Suid-Afrikaners steeds aan ’n lyntjie oor beurtkrag. Foto: Unsplash

Eskom se jongste syfers wys dat onbeplande verliese aan opwekkingsvermoë tot slegs 9 200 megawatt (MW) verbeter het.

Dit is tegnies onder die vlak van 9 500 MW wat Eskom in sy somerplan gesê het die maksimum is wat hy kan hanteer sonder dat noodstelsels onnodig gebruik moet word om die kragnetwerk te ondersteun.

Maar die onbeskikbare opwekkingsvermoë wissel die afgelope week beduidend tussen 9 000 MW en 12 500 MW.

Die nutsmaatskappy sê Sondag sy kragstelsel word teen “baie lae vlakke van betroubaarheid” bedryf.

Daarvolgens wissel die hoeveelheid beskikbare krag nie net aansienlik baie nie, dit beteken ook beurtkrag kan weens enige bykomende of onverwagte fout op kort kennisgewing toegepas word.

Eskom sê beurtkrag sal net toegepas word as dit “absoluut nodig is”.

Dit is die nutsmaatskappy se laaste opsie as die druk op die kragnetwerk te groot word om ’n totale ineenstorting te probeer vermy.

Noodstelsels – Eskom se dieselopwekkers en pompopgaarskemas – is gereed om minstens ’n mate van veiligheidsmarge te kan bied. Volgens die kragreus is daar genoeg diesel en water by sy noodstelsels beskikbaar.

Meer oor:  Eskom  |  Kragkrisis  |  Beurtkrag  |  Staatsondernemings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.