Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom-vakbonde wil na ministers oor lone
Pravin Gordhan

Vakbonde by Eskom het ’n vergadering met Nhlanhla Nene, minister van finansies, en Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, versoek nadat hul onderhandelings met hul werkgewer Dinsdagaand nie kon vorder nie.

Dit blyk uit ’n verklaring wat die metaalwerkersvakbond Numsa Dinsdagaand uitgereik het.

Numsa, asook Solidariteit en die mynwerkersunie NUM het ooreengekom om in aanloop tot die vergadering eers nie met die media te praat nie sodat al die partye ’n kans kan kry om met hul lede te konsulteer.

Khulu Phasiwe, Eskom-woordvoerder, het bevestig die vakbonde het besluit om Eskom se jongste loonaanbod met die betrokke ministers te bespreek. Dit blyk die vakbonde wil ook met die Eskom-direksie en uitvoerende hoof vergader.

Volgens Phasiwe lyk dit asof die partye wel ’n moontlike ooreenkoms nader.

  • Die nuusdiens eNCA berig dat Eskom ’n loonooreenkoms wat oor drie jaar strek en verhogings van 7% in 2018, 6,5% in 2019 en 6,2% in 2020 behels, aanbied.
  • Maar die vakbonde se teenvoorstel is ’n een-jaar-ooreenkoms met ’n 8%-verhoging. Hulle sal wel ’n ooreenkoms oor drie jaar aanvaar indien dit 8,8% in 2018 en 8,5% in die daaropvolgende twee jaar insluit.
  • Die vakbonde eis ook ’n behuisingstoelaag van minstens R500.

Dit is nie bekend wanneer die vergadering tussen die vakbonde en die ministers gehou sal word nie. Die onderhandelings het al in Junie begin.

Meer oor:  Pravin Gordhan  |  Nhlanhla Nene  |  Eskom  |  Loononderhandelinge  |  Vakbonde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.