Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Eskom-verdeling kan belegging lok
Kragdrade in Orlande, Soweto.

Die aankondiging oor die nuwe struktuur vir Eskom is meer positief as wat verwag is, meen Johann Els, hoofekonoom van Old Mutual Beleggings.

Pres. Cyril Ramaphosa het in sy staatsrede verlede week aangekondig Eskom sal in drie afsonderlike sake-eenhede – kragopwekking, transmissie en verspreiding – verdeel word sodat elke eenheid sy koste doeltreffender kan bestuur en sodat hy makliker finansiering kan bekom.

Eskom is steeds ’n groot versperring vir belegging in die land, en ’n meer beleggingsvriendelike Eskom-struktuur kan nog beleggings in Suid-Afrika ontsluit, meen Els.

Maar hy waarsku ook dat die nuwe struktuur nie ’n omvattende oplossing is sonder privatisering en grootskaalse kostebeheermaatreëls nie.

“Ons het nie voor die verkiesing enige stappe om koste te sny verwag nie, gegewe die noodsaaklike vermindering van Eskom se personeel as deel van dié oefening en die intense teenkanting van die vakbonde.”

Ramaphosa se kommentaar oor dringende kosteverminderingsmaatreëls tesame met bekostigbare kragtariewe is bemoedigend want dit wys duidelike toewyding om koste op Eskom se balansstaat te sny.

Els sê tariefverhogings is belangrik om Eskom se inkomste te verhoog, maar daar moet ’n balans wees tussen Eskom se behoeftes en die impak op die ekonomie.

Els glo Ramaphosa se belofte oor meer besonderhede oor staatsteun vir Eskom in die begrotingsrede volgende week is ’n bykomende teken dat die regering daartoe verbind is om die ekonomie te beskerm.

krag

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.